Showing posts with label rugby. Show all posts
Showing posts with label rugby. Show all posts

Saturday, April 28, 2018

Grey Het Nie Waardes en Standaarde Nie!

Haal jou seun uit Grey uit en moenie seuns na Grey toe stuur nie. Mens wil jou kind laat reg groot word en mense navolg wat waardes en standaarde het.

Buiten die 3 of dalk 4 onderwysers wat regtig iets werd is by Grey terwyl die ander uiters vrot is, laat Grey nou toe dat ongekwalifiseerde afrigters "Sokkie Crash Courses" aanbied op die skoolgronde!

Miskien is dit net die skoolhoof wat vir die hele wêreld wil wys dat hy nie waardes en standaarde het nie, deur dit toe te laat, of miskien wil hy graag Grey se beeld so aan almal uitdra dat dit 'n instansie is waar sommer ongekwalifseerdes toegelaat word om afrigting te gee. Hierdie beeld word dan ook uitgedra dat 'n kwalifikasie nie belangrik is nie! As mens na die seuns se punte kyk sal mens dink amper niemand by Grey is gekwalifiseerd nie en miskien is hulle nie. Dit laat mens wonder....

Mense, hierdie is so KOMMIN dis net nie waar nie. 'n "Crash Course" as sulks is reeds KOMMIN want dit werk nie! Enige geleerde weet dit!!!!!!! Dis KOMMIN om betrokke te wees by "Crash Courses"!! Jy kan nie eers wiskunde "Crash Courses" vat of 'n "Crash Course" in kookkuns, lees, skryf, karate, tennis, rugby, ensovoorts vat nie. Die goeie naam van Grey is in gedrang en dit is nou al so dat Grey se rugbyspelers nie meer plek het in SA rugby nie want die standaard is met dit soos baie ander goed by Grey af, af, af! Mens kan met hierdie optrede verstaan hoe Grey net aanhou agteruitgaan!

Scheepie, jy het groot kak aangevang deur hierdie toe te laat op die skoolgronde, terwyl Grey reeds die regte mense op die skoolgronde gehad het wat kwalifikasies het. Jy wys duidelik waar jou integriteit lê en dis verseker nie by kwalifikasies nie want jy sou kennis gedra het van wie kwalifikasie het en wie nie, of miskien...? Nou is dit "dumps" toe met Grey se naam. Almal gaan nog meer vir ons lag, veral omdat die betrokke afrigters bedrog pleeg deur voor te gee dat hulle gekwalifiseerd is terwyl hulle glad nie is nie en glad nie dit wat hulle aanbied mag aanbied nie, omdat hulle nie daarin kwalifikasies het of skriftelike magtiging het nie! Dis alles nageaap van die wat eintlik die kwalifikasies, getekende kontrakte en magtigingsbewyse het!

Dit sal nie lank wees nie dan sal Grey seker sommer ongekwalifiseerde mediese personeel op die skoolgronde ook hê vir mediese dienste! Dis hoe dit begin en nou hier werk!

Hou jou kind van Grey af weg!

Thursday, October 22, 2015

Grey Sekondêr Lieg Al Vir Jare

As mens oor een ding kan lieg kan jy oor baie dinge lieg.

Elke jaar word Duits by Grey gepromoveer as die 2de meeste gebruikte taal in die wêreld, maar in werklikheid vir die afgelope dekades reeds is dit tussen die 11de en 13de gebruikte taal.

Grey is maar net te skaam om te sê hulle het nie iemand wat Spaans of Portugees kan aanbied nie en Grey wil, soos met soveel ander goed, Duits op die seuns afdwing. As Grey weer 'n vooraanstaande skool wil word, sal sokkies opgetrek moet word en belangrike tale aangebied moet word, nie 'n taal wat 11de of 13de op die statistieklys is nie.

Duits is nie eers naastenby naby die hoeveelheid mense wat Manderin, Spaans, Engels en Portugees praat.

Vertel eerder die waarheid. Dit bring mens verder as 'n infame leun! Mense is nie onnosel, hulle doen hul eie navorsing en gons hieroor al vir baie jare om nie eers te noem hoe die seuns vir die Duitse onderwyseres lag omdat sy self so onnosel is om die verkeerde inligting gereeld aan hul oor te dra as 'n feit!

Statistiek

Statistiek 2

Statistiek 3


Tuesday, October 13, 2015

At Grey Afrikaans Classes Get More and Better Attention Than English Classes

Boys talk among themselves and it has now become apparent that the Afrikaans classes get more and better attention from teachers than the English classes. It has nothing to do with people of colour.

At the Afrikaans classes things are explained in detail and many times boys are spoon-fed. In the English classes boys are told what to learn and then they are dependent on themselves to become educated.

This has been monitored over several years and it is still continuing, so it's not something that is imagined or a mere story and it doesn't just happen at Grey's high school, but most definitely at the primary school too.

This problem could be as a result of the teachers being Afrikaans speaking, resulting in the inability to express themselves properly in English. So they say the minimum.

Afrikaans classes are always clued up about what to study for tests and exams, but the English classes in most cases have a vague idea, but mostly are unsure. The English boys are also continually reprimanded to keep quiet and no questions are allowed. At the Afrikaans classes discussions are held and many detailed questioned allowed and answered.

Grey is an excellent school for sport, but it truly sucks at academics! The Afrikaans classes already battle with academics even if they are the favourites at Grey, so what should a person say about the English classes?

If you think you're going to get a good education from Grey College, think again! You'll have to pull all the resources outside the school to become educated, more so if you're in the English class!

Saturday, September 12, 2015

Grey Club 1000 'n Skyn

Grey Kollege het baie geld, veral nou dat Grey die Telkomgebou teruggeneem het en elke maand miljoene in huur ontvang.

Grey wil wragtag hê mens moet glo dat hulle geld nodig het, dit nadat hulle buitemuurse mense wie reeds opgedok het om lokale en sportgeriewe te huur en selfs bereid was om meer te betaal, summier weggejaag het.

Nou wil Grey se beheerliggaam wragtag hê ons moet glo dat daar fondse nodig is. Hulle wil seker die nuttelose onderwysers instop want net 'n handjievol onderwysers by Grey (laer- & hoërskool) beteken regtig iets. Die res is net spaarwiele.

Grey kry so baie met die Telkomgebou se maandelikse inkomste dat nuwe bussies aangekoop is en die nuwe gebou waarmee reeds begin is, opgerig kon word.

Die Telkomgebou kan sorg dat amper alle leerders gratis skoolgaan en nog verhogings vir die personeel verseker.

Nou dat betalende buitemuurse afrigters weg is, is die voete weg. Iets wat nooit by 'n plek moet gebeur as mens finansiële welvaart wil verseker nie. Mens moet voete hê en gereeld meer voete hê, al word daar bietjie skade aangerig aan die eiendom. Daarvoor is mos kontrakte wat bepaal dat wat jy of jou mense wat onderrig ontvang, breek, jy moet herstel en sekurietieits deposito's om dit mee te herstel.

Grey se beheerliggaam en personeel het duidelik nie 'n idee hoe om 'n besigheid te bestuur nie, dit met iemand op die voorgrond wat 'n MBA het (Mnr Scheepers) wat behoort te weet dat voete op mens se terrein noodsaaklik is. Mnr Volsteedt het altyd gesê, Grey moet soos 'n besigheid hanteer  en bestuur word, dan sal daar altyd geld wees—hy't meer besigheids-sense as Scheepers, dis duidelik. Die spul nou daar by Grey is almal nutteloos. Wonder of Scheepers regtig 'n MBA het. Voete beteken meer geld vir die Tuckshop want mense drink & eet heeltyd wat op die langduur voordelig is. Voete beteken meer bekendheid en gewildheid—advertensie vir die naam en instansie. Voete beteken beter bywoning van aktiwiteite en meer betrokkenheid by die instansie.

Die voete het nou verskuif na ander skole en hulle kry nou die ekstras. Eunice se Tuckshop en 'coffeeshop' doen vandat 'n hele klomp buitemuurse aktiwiteite van Grey af soentoe verskuif het omdat hulle weggejaag is by Grey, finansiëel regtig goed. Sportdeelname het ook uiters baie verbeter en dis nie eers verpligtend om aan sport deel te neem soos by Grey nie. Eunice het vir dekades finansieel gesukkel, maar nou gaan dit heelwat beter en eintlik heeltemal goed.

Ons het verneem by ander instansies waar die weggejaagde buitemuurse-mense wat van Grey af kom, soveel vir hul besighede gedoen het. Oorkant Grey is nou die plek vir die kleintjies se middagstudie en die koffiewinkel, asook die ander praktyke daar blom vandat hulle daar is want skielik is daar deurgaanse bewustheid—kinders en ouers wat lus, dors of honger het, kan sommer daar iets kry. By ander plekke soos die skougronde en omliggende besighede is dit ook die geval, om nie eers te noem dat mens afbreek doen aan jou naam deur mense weg te jaag nie want mense bly nie stil as hul sleg behandel word of benadeel word nie.

Grey het regtig nie geld nodig nie, al kry hul minder by die departement van onderwys. As iemand sukkel is dit sigbaar, wat nie by Grey die geval is nie en dis duidelik want hulle gaan nie uit hul pad om almal goed te behandel nie. Die Grey Club 1000 is onnodig en net 'n skyn om mense wat reeds sukkel, want almal sukkel deesdae in hierdie land, nog meer te tap vir onnodige goed.

Tuesday, August 11, 2015

Ander Skole Skryf Gemaklik Eksamen in Sweetpakke

Grey is soos met die tablette en iPads so vêr agter die ander skole want hulle het mos eng mense aan die bestuur van sake.

Ander vooraanstaande skole se leerders skryf reeds vir 'n geruime tyd eksamen in hul sweetpakke, maar drippie Scheepers weier dat Grey-seuns dit doen. Soos met almal by Grey kom Scheepie uit die ark se dae en kan net tot daar dink. Moet ook nie vergeet, niemand mag tog ooit plesier hê by dié skool nie; inteendeel moet die seuns so ongemaklik en ongelukkig wees as moontlik, dan is al die personeel by Grey bly. Mens moet altyd aan Grey dink as die slegste plek op aarde want alles word so sleg en onaangenaam gemaak as moontlik.

Tuesday, August 4, 2015

Grey Onderwysers Gebruik Enige Verskoning om NIE Onderrig te Verskaf

Johan Human weier om verder klas aan te bied vir sy vakke, veral praktiese eksperimente wat noodsaaklik is vir Natuur Wetenskap. Die seuns, volgens hom, stel nie belang nie omdat daar 'n paar in elke klas is wat raas, hul monde nie kan hou en soos mense aangaan wat hiperaktief aandag afleibaar is.
 
Hy weier volstrek om, soos hy vir 'n hele paar klasse gesê het, verder onderrig te verskaf. Hy meen om kennis te weerhou sal die leerders straf en tot hul sinne laat kom, selfs die wie nie eens 'n deelname gehad het in die ontwrigting nie.
 
Sjoe, maar die onderswysers by Grey is pateties. Hulle kan nie eers met 'n oplossing kom om die kennis deur te kry nie. Hierdie patete sal definitief nie kan skool hou in ontwikkelde lande waar leerders totaal ongedissiplineerd en ontwrigtend is. Grey se leerders is nie 'n tiende van wat oor die water aangaan nie.
 
Miskien is hierdie sinnelose verskoning van Johan Human 'n manier om luilekker rond te lê of om ander take wat nie met skoolhou of akademiese onderrig verband hou nie te kan doen.
 
Seuns beplan nou om by die Tuckshop 'n tafel waar hulle hul eie eksperimente kan doen op te rig en sal mede-leerders nooi om maar daar skool te gaan! Ons glo meer sal dalk so vermag word want die leerders wat wel belangstel om te leer, mors nou net hul tyd in die klas. Rondsit en niks doen is nie skoolgaan nie en Johan Human hoort nie in so 'n bekende skool soos Grey nie. Kry iemand wat weet hoe om skool te hou of miskien is dit toelaatbaar vir Deon om dit so te doen en los hy hom maar!

Sunday, May 24, 2015

Scheepers Ongewild Oor die Verwydering van "Grey Vrydag"

Gewilde skoolhoofde verdien hulle gewildheid met gunste en gawes wat hul vir hul leerders doen. Dit was altyd 'n instelling by Grey dat as daar nie veel aangaan die seuns afgegee word op 'n vrydag, selfs in Deon Scheepers se tyd toe hy nog 'n leerder aan Grey was. Ander skole se leerders was altyd jaloers op Grey omdat die seuns afgekry het Vrydae wat Greyseuns spesiaal laat voel het.
 
Scheepers verseker maar net dat al hoe meer hom verafsku met al die lyste onnodige reels en regulasies wat hy ingebring het en nogsteeds inbring. Ons wens al hy wil iets oorkom dat hy nie meer die skoolhoof by Grey hoef te wees nie want soveel kla dat Grey nou 'n klagteskool geword het in teenstelling met hoe dit altyd was.
 
Matriekseuns, graad 11 en 10 seuns onthou nog van die Grey Vrydae toe Vollies daar was. Ons wat reeds van Patat se tyd af dit geken het, kan nie glo Scheepers mismaak die skool sodat die seuns dit nou nie meer daar geniet nie. Kyk maar net of jy nog 'n Greyseuns sien rondloop op die skoolgronde met 'n glimlag, maar dalk is dit die doel: hoe meer ongelukkig die seuns is, hoe gelukkiger die personeel!
 
Hoe lekkerder dit by mens se skool is, hoe beter sal die leerders presteer in alles, maar as dit nie meer lekker is nie, sal die leerders al hoe minder raak. Te veel erns, gesag afdwing en ongelukkigheid kan so 'n instansie breek. Ons kan Scheepers nou regtig 'n "partypooper" noem.