Die idiote wat Scheepers gekies en aangestel het as skoolhoof moet hulle koppe regtig laat lees. Ons is rerig so skaam vir die man. Geen van die seuns sien hom eintlik as ons skoolhoof nie. Hy probeer 'n speech lewer by die matriekafskeid maar hy steek ons net in die skande voor ons matriek "dates". Voldemort, askies Scheepers, was sommer lekker "ge-boo" want wat die rukkerige nek wil sê maak vir niemand saak nie. Kan hy nie die "hint" kry dat hy nie 'n skoolhoof se gat werd is nie en dat niemand vir hom respek het nie? O ja, hy is so dikvellig dat hy wragtag fight vir sy job terwyl ander sal bedank as hulle weet hulle is onwelkom by die werk juis omdat die werk nie regtig gedoen word nie. Ons kan almal besig lyk in 'n kantoor, in sy kantoor. Hy is ook nie 'n ambassadeur of advertensie vir Grey nie.
This blog is available for anyone who has grievances about, is disappointed or dissatisfied in Grey College Primary or Secondary School and would like to post or comment on already posted grievances, anonymously or in person. Comments or grievances can be posted in Afrikaans or English. This is our effort to get widely-spoken-about occurrences out in the open and to get the school to take workable action upon complaints instead of covering them up. We have Freedom-of-Speech on our side.
Showing posts with label Deon Scheepers. Show all posts
Showing posts with label Deon Scheepers. Show all posts
Thursday, October 3, 2019
Saturday, February 9, 2019
Grey Fok Ouers Rond
Dis regtig eienaardig dat ouers toelaat dat die skool hulle so rondfok. Soveel ouers het al planne gemaak of hul seuns ingeskryf vir unieke verrykende buitemuurse klasse wat niks met Grey verband hou nie en dan word sport of kultuurtye by Grey sommer net eenvoudig geskuif na wanneer dit die skool pas of nuwe tye word skielik gegee.
Hierdie is heeltemal onaanvaarbaar, maar ouers is moontlik te bang om iets te sê want dan word dit op hul seun uitgehaal. Daar is soveel ure wat verlore gaan in die middae wat vir buitemuurs gebruik kan word. As Grey nou regtig 'n cool skool wil word moet alle ander buitemuurs aangebied word gedurende hierdie tye sodat skoolure of liewer, skool buitemuurse ure wat ook maar skoolure is want seuns bly op die skoolgronde, verkort word.
Koor, drama, musiek, ander kultuur aktiwiteite en meeste sport kan in die middae gedoen word. So kan sport vroëer eindig en kan leerlinge reeds 17:00 of 18:00 met als by die skool klaar wees en terug by die huis wees. Wonder of die tweede kans wat Scheepers gekry het hom sulke nuwe positiewe goed sal laat inbring en of hy nog steeds soos van tevore gedryf gaan wees deur sy ego: die ego is die duiwel wat op mens se skouer sit en jou laat glo jy is fantasties terwyl jy eintlik 'n poepol is.
Monday, October 29, 2018
Spog Met 'N Ander Se Vere
Grey se konsuise slimkoppe het nie hul kennis by Grey gekry nie. Van hulle kom van ander laerskole af waar daar regtig skool gehou word en die wat wel in Grey se laerskool was, woon ekstra klasse by wat nie deur Grey aangebied word nie. Die eeu oue manier: Grey doen niks, maar vat al die krediet. Mense gaan nie vir altyd hierdie vat nie. Daar gaan 'n punt kom waar ouers hul voete gaan neersit want die lewe is net te duur om dubbel te betaal vir geleerdheid.
Ons moet tog wel die ekstra-klas onderwysers gelukwens met wat jul vermag het, al kry julle nie die krediet nie, maak julle darem gelukkig die geld uit die Grey manne. Mens wonder net of julle nie ook op 'n punt gaan kom waar julle die krediet wil hê as net die geld nie.
Saturday, April 28, 2018
Grey Het Nie Waardes en Standaarde Nie!
Haal jou seun uit Grey uit en moenie seuns na Grey toe stuur nie. Mens wil jou kind laat reg groot word en mense navolg wat waardes en standaarde het.
Buiten die 3 of dalk 4 onderwysers wat regtig iets werd is by Grey terwyl die ander uiters vrot is, laat Grey nou toe dat ongekwalifiseerde afrigters "Sokkie Crash Courses" aanbied op die skoolgronde!
Miskien is dit net die skoolhoof wat vir die hele wêreld wil wys dat hy nie waardes en standaarde het nie, deur dit toe te laat, of miskien wil hy graag Grey se beeld so aan almal uitdra dat dit 'n instansie is waar sommer ongekwalifseerdes toegelaat word om afrigting te gee. Hierdie beeld word dan ook uitgedra dat 'n kwalifikasie nie belangrik is nie! As mens na die seuns se punte kyk sal mens dink amper niemand by Grey is gekwalifiseerd nie en miskien is hulle nie. Dit laat mens wonder....
Mense, hierdie is so KOMMIN dis net nie waar nie. 'n "Crash Course" as sulks is reeds KOMMIN want dit werk nie! Enige geleerde weet dit!!!!!!! Dis KOMMIN om betrokke te wees by "Crash Courses"!! Jy kan nie eers wiskunde "Crash Courses" vat of 'n "Crash Course" in kookkuns, lees, skryf, karate, tennis, rugby, ensovoorts vat nie. Die goeie naam van Grey is in gedrang en dit is nou al so dat Grey se rugbyspelers nie meer plek het in SA rugby nie want die standaard is met dit soos baie ander goed by Grey af, af, af! Mens kan met hierdie optrede verstaan hoe Grey net aanhou agteruitgaan!
Scheepie, jy het groot kak aangevang deur hierdie toe te laat op die skoolgronde, terwyl Grey reeds die regte mense op die skoolgronde gehad het wat kwalifikasies het. Jy wys duidelik waar jou integriteit lê en dis verseker nie by kwalifikasies nie want jy sou kennis gedra het van wie kwalifikasie het en wie nie, of miskien...? Nou is dit "dumps" toe met Grey se naam. Almal gaan nog meer vir ons lag, veral omdat die betrokke afrigters bedrog pleeg deur voor te gee dat hulle gekwalifiseerd is terwyl hulle glad nie is nie en glad nie dit wat hulle aanbied mag aanbied nie, omdat hulle nie daarin kwalifikasies het of skriftelike magtiging het nie! Dis alles nageaap van die wat eintlik die kwalifikasies, getekende kontrakte en magtigingsbewyse het!
Dit sal nie lank wees nie dan sal Grey seker sommer ongekwalifiseerde mediese personeel op die skoolgronde ook hê vir mediese dienste! Dis hoe dit begin en nou hier werk!
Hou jou kind van Grey af weg!
Saturday, November 21, 2015
EBW Onnie Beweer SY Word NIE Genoeg Betaal om Moeite te Doen Met Klas Aanbieding Nie
Corné Grobbelaar het al vir menigte van haar klasse gesê sy word nie genoeg betaal om moeite te doen vir klasaanbieding nie.
Die seuns sê haar klasaanbieding is van die swakste in die skool en hul hou glad nie van haar nie of hoe sy skoolhou nie. Hul kla nou al so vir jare onder mekaar en raai selfs mekaar af om EBW/EMS (rekeningkunde) te neem as sy dit gaan aanbied. Vra enige graad 8 tot 12, hulle sal vertel as hulle nie bedreig voel of voel dat hul nodig het om hulself te beskerm nie.
Meneer Scheepers, luister nou hier! Selfs elke jaar se matrieks raai al vir jare die ander seuns af om EBW/EMS te kies want hulle sê Conrné Grobbelaar is uiters swak met haar aanbieding van die vak. Niemand het 'n clue wat aangaan as sy konsuis iets verduidelik het nie. Die 5 of 6 ouens in elke klas wat goed doen daarin is seuns wie privaatlesse kry by iemand wat geen verband met die skool het nie. Dis nou ten duurste!!!
Soos ons bronne vertel sê sy vir die seuns, sy is 'n geoktroeerde rekenmeester wat baie kan verdien elders, maar nou sit sy met Grey se spul seuns opgeskeep. Bedank dan asb, jy is in elk geval swak met die aanbieding van klas. Sy beweer hard en duidelik in haar klasse dat sy baie meer kan verdien deur haar eintlike beroep te beoefen. Corné se klasse het die meeste seuns wat gaan vir privaat ekstra klasse om hul slaagsyfer te verseker. Die wie by haar ekstra klas neem, betaal ook maar baie daarvoor.
Sy sê ook sommer vir die seuns dat hul dom is om net 65% of minder in die vak te behaal. Sovêr dit ons kennis en navorsing strek is dit 'n onderwyser se plig om seker te maak dat 'n leerder 'n vak verstaan. Swak onderwysers bied net klas aan, maar goeie onderwysers neem die verantwoordelikheid om seker te maak dat alles duidelik is m.a.w. behoorlik verstaan word en dat die leerder die inligting ontvang het op verskillende maniere, nie net op een manier nie. As 'n leerder iets nie verstaan of kan inneem nie, wat duidelik uit punte kom, dan moet daar ander metodes gebruik word om die kennis verstaanbaar te maak of in die leerder se kop in te kry. Dis nou iets wat geen van die onderwysers by Grey doen nie, nog minder Corné. Sy verduidelik eenmaal 'n ding en dan moet die seuns dit onthou vir altyd tot die einde van die jaar. Haar uitgangspunt soos sy dit werbaal oorgedra het aan die seuns by van haar klasse is dat om die leerder te help is 'n voorreg en nie 'n reg of 'n normale plig wat by haar salaris ingesluit is nie.
Rekeningkunde is 'n vak waarin 'n leerder 100% kan behaal want dis regtig nie so moeilik nie, maar 'n leerder het nodig om dit te verstaan.
'n Onderwyser word as "goed" bestempel as helfte of meer onderskeiding in daardie onderwyser se vak behaal, maar by Corné behaal die oorgrootte meerderheid slegs 65% of minder. NOU WAT Sê DIT?
Die grootste skok! Seuns het geen handboek vir EMS/EBW. 'n Leerder kan homself rekeningkunde leer of help uit sy handboek as hy iets nie verstaan nie, maar vir graad 8 & 9 is daar geen handboek nie. Corné gee slegs afgerolde materiaal in rekeningkunde vir die seuns en dis net voorbeelde en oefeninge; geen notas of verduideliking van enigiets. Die EBW/EMS gedeelte is leerwerk wat wel verskaf word waarin seuns goed doen want hulle kan nie staatmaak op hul rekeningkunde punt nie.
Corné gaan konsuis op die ry af so nou-en-dan gedurende klas en vra vir elke seun of hy verstaan of nie. As die seun durf waag om te sê hy verstaan nie, dan vlieg sy hom aggressief in met woorde soos "WAT VERSTAAN JY NIE!", asof die seun 'n moroon is. So nou sê almal liewer hulle verstaan, dan is daar nie 'n twispunt wat 'n seun moet verdedig nie want 'n seun se ego is hier in gedrang en seuns op hoërskool-ouderdom is baie kwesbaar, anders kan dit dalk voorkom of die seun rerig onnosel is, wat sal veroorsaak dat ander seuns hom terg, terwyl dit glad nie die geval is nie.
As 'n seun na Grobbelaar se tafel toe kom vir persoonlike hulp is sy die heeltyd gefokus daarop om die ander seuns in die klas stil te maak wat hierdie seun se aandag heeltyd aftrek en sy is nie gefokus daarop om die kennis vir die seun oor te dra sonder steuring en beheptheid om seuns stil te maak nie. Seuns vertel hieromtrent dat hul nou maar liewer nie meer vra vir hulp of persoonlike aandag nie en maar net die vak druip en klaarkry.
Sjoe, maar BAIE is teleurgesteld in Grey hieroor!
Meneer Scheepers, luister nou hier! Selfs elke jaar se matrieks raai al vir jare die ander seuns af om EBW/EMS te kies want hulle sê Conrné Grobbelaar is uiters swak met haar aanbieding van die vak. Niemand het 'n clue wat aangaan as sy konsuis iets verduidelik het nie. Die 5 of 6 ouens in elke klas wat goed doen daarin is seuns wie privaatlesse kry by iemand wat geen verband met die skool het nie. Dis nou ten duurste!!!
Sy sê ook sommer vir die seuns dat hul dom is om net 65% of minder in die vak te behaal. Sovêr dit ons kennis en navorsing strek is dit 'n onderwyser se plig om seker te maak dat 'n leerder 'n vak verstaan. Swak onderwysers bied net klas aan, maar goeie onderwysers neem die verantwoordelikheid om seker te maak dat alles duidelik is m.a.w. behoorlik verstaan word en dat die leerder die inligting ontvang het op verskillende maniere, nie net op een manier nie. As 'n leerder iets nie verstaan of kan inneem nie, wat duidelik uit punte kom, dan moet daar ander metodes gebruik word om die kennis verstaanbaar te maak of in die leerder se kop in te kry. Dis nou iets wat geen van die onderwysers by Grey doen nie, nog minder Corné. Sy verduidelik eenmaal 'n ding en dan moet die seuns dit onthou vir altyd tot die einde van die jaar. Haar uitgangspunt soos sy dit werbaal oorgedra het aan die seuns by van haar klasse is dat om die leerder te help is 'n voorreg en nie 'n reg of 'n normale plig wat by haar salaris ingesluit is nie.
Rekeningkunde is 'n vak waarin 'n leerder 100% kan behaal want dis regtig nie so moeilik nie, maar 'n leerder het nodig om dit te verstaan.
'n Onderwyser word as "goed" bestempel as helfte of meer onderskeiding in daardie onderwyser se vak behaal, maar by Corné behaal die oorgrootte meerderheid slegs 65% of minder. NOU WAT Sê DIT?
Die grootste skok! Seuns het geen handboek vir EMS/EBW. 'n Leerder kan homself rekeningkunde leer of help uit sy handboek as hy iets nie verstaan nie, maar vir graad 8 & 9 is daar geen handboek nie. Corné gee slegs afgerolde materiaal in rekeningkunde vir die seuns en dis net voorbeelde en oefeninge; geen notas of verduideliking van enigiets. Die EBW/EMS gedeelte is leerwerk wat wel verskaf word waarin seuns goed doen want hulle kan nie staatmaak op hul rekeningkunde punt nie.
Corné gaan konsuis op die ry af so nou-en-dan gedurende klas en vra vir elke seun of hy verstaan of nie. As die seun durf waag om te sê hy verstaan nie, dan vlieg sy hom aggressief in met woorde soos "WAT VERSTAAN JY NIE!", asof die seun 'n moroon is. So nou sê almal liewer hulle verstaan, dan is daar nie 'n twispunt wat 'n seun moet verdedig nie want 'n seun se ego is hier in gedrang en seuns op hoërskool-ouderdom is baie kwesbaar, anders kan dit dalk voorkom of die seun rerig onnosel is, wat sal veroorsaak dat ander seuns hom terg, terwyl dit glad nie die geval is nie.
As 'n seun na Grobbelaar se tafel toe kom vir persoonlike hulp is sy die heeltyd gefokus daarop om die ander seuns in die klas stil te maak wat hierdie seun se aandag heeltyd aftrek en sy is nie gefokus daarop om die kennis vir die seun oor te dra sonder steuring en beheptheid om seuns stil te maak nie. Seuns vertel hieromtrent dat hul nou maar liewer nie meer vra vir hulp of persoonlike aandag nie en maar net die vak druip en klaarkry.
Sjoe, maar BAIE is teleurgesteld in Grey hieroor!
Thursday, October 22, 2015
Grey Sekondêr Lieg Al Vir Jare
As mens oor een ding kan lieg kan jy oor baie dinge lieg.
Elke jaar word Duits by Grey gepromoveer as die 2de meeste gebruikte taal in die wêreld, maar in werklikheid vir die afgelope dekades reeds is dit tussen die 11de en 13de gebruikte taal.
Grey is maar net te skaam om te sê hulle het nie iemand wat Spaans of Portugees kan aanbied nie en Grey wil, soos met soveel ander goed, Duits op die seuns afdwing. As Grey weer 'n vooraanstaande skool wil word, sal sokkies opgetrek moet word en belangrike tale aangebied moet word, nie 'n taal wat 11de of 13de op die statistieklys is nie.
Duits is nie eers naastenby naby die hoeveelheid mense wat Manderin, Spaans, Engels en Portugees praat.
Vertel eerder die waarheid. Dit bring mens verder as 'n infame leun! Mense is nie onnosel, hulle doen hul eie navorsing en gons hieroor al vir baie jare om nie eers te noem hoe die seuns vir die Duitse onderwyseres lag omdat sy self so onnosel is om die verkeerde inligting gereeld aan hul oor te dra as 'n feit!
Statistiek
Statistiek 2
Statistiek 3

Wednesday, October 21, 2015
The Trait of the Guilty
Like guilty people are going to say, "I pocket a huge tax-free income illegally by running a gigantic art school from my home while I'm employed by the government and know what I'm doing is illegal" or "I am the vice principle, yet I am in partnership with a teacher who makes us plenty money from home and on the school grounds through extra curricular activities I allow, gave my consent to and oversee".
No, the guilty make a scene of how innocent they are, even if the evidence is presented to them. Guilty people always claim to be innocent, deny all accusations and try to blame others.
Tuesday, October 13, 2015
At Grey Afrikaans Classes Get More and Better Attention Than English Classes
Boys talk among themselves and it has now become apparent that the Afrikaans classes get more and better attention from teachers than the English classes. It has nothing to do with people of colour.
At the Afrikaans classes things are explained in detail and many times boys are spoon-fed. In the English classes boys are told what to learn and then they are dependent on themselves to become educated.
This has been monitored over several years and it is still continuing, so it's not something that is imagined or a mere story and it doesn't just happen at Grey's high school, but most definitely at the primary school too.
This problem could be as a result of the teachers being Afrikaans speaking, resulting in the inability to express themselves properly in English. So they say the minimum.
Afrikaans classes are always clued up about what to study for tests and exams, but the English classes in most cases have a vague idea, but mostly are unsure. The English boys are also continually reprimanded to keep quiet and no questions are allowed. At the Afrikaans classes discussions are held and many detailed questioned allowed and answered.
Grey is an excellent school for sport, but it truly sucks at academics! The Afrikaans classes already battle with academics even if they are the favourites at Grey, so what should a person say about the English classes?
If you think you're going to get a good education from Grey College, think again! You'll have to pull all the resources outside the school to become educated, more so if you're in the English class!
Saturday, September 12, 2015
Grey Club 1000 'n Skyn
Grey Kollege het baie geld, veral nou dat Grey die Telkomgebou teruggeneem het en elke maand miljoene in huur ontvang.
Grey wil wragtag hê mens moet glo dat hulle geld nodig het, dit nadat hulle buitemuurse mense wie reeds opgedok het om lokale en sportgeriewe te huur en selfs bereid was om meer te betaal, summier weggejaag het.
Nou wil Grey se beheerliggaam wragtag hê ons moet glo dat daar fondse nodig is. Hulle wil seker die nuttelose onderwysers instop want net 'n handjievol onderwysers by Grey (laer- & hoërskool) beteken regtig iets. Die res is net spaarwiele.
Grey kry so baie met die Telkomgebou se maandelikse inkomste dat nuwe bussies aangekoop is en die nuwe gebou waarmee reeds begin is, opgerig kon word.
Die Telkomgebou kan sorg dat amper alle leerders gratis skoolgaan en nog verhogings vir die personeel verseker.
Nou dat betalende buitemuurse afrigters weg is, is die voete weg. Iets wat nooit by 'n plek moet gebeur as mens finansiële welvaart wil verseker nie. Mens moet voete hê en gereeld meer voete hê, al word daar bietjie skade aangerig aan die eiendom. Daarvoor is mos kontrakte wat bepaal dat wat jy of jou mense wat onderrig ontvang, breek, jy moet herstel en sekurietieits deposito's om dit mee te herstel.
Grey se beheerliggaam en personeel het duidelik nie 'n idee hoe om 'n besigheid te bestuur nie, dit met iemand op die voorgrond wat 'n MBA het (Mnr Scheepers) wat behoort te weet dat voete op mens se terrein noodsaaklik is. Mnr Volsteedt het altyd gesê, Grey moet soos 'n besigheid hanteer en bestuur word, dan sal daar altyd geld wees—hy't meer besigheids-sense as Scheepers, dis duidelik. Die spul nou daar by Grey is almal nutteloos. Wonder of Scheepers regtig 'n MBA het. Voete beteken meer geld vir die Tuckshop want mense drink & eet heeltyd wat op die langduur voordelig is. Voete beteken meer bekendheid en gewildheid—advertensie vir die naam en instansie. Voete beteken beter bywoning van aktiwiteite en meer betrokkenheid by die instansie.
Die voete het nou verskuif na ander skole en hulle kry nou die ekstras. Eunice se Tuckshop en 'coffeeshop' doen vandat 'n hele klomp buitemuurse aktiwiteite van Grey af soentoe verskuif het omdat hulle weggejaag is by Grey, finansiëel regtig goed. Sportdeelname het ook uiters baie verbeter en dis nie eers verpligtend om aan sport deel te neem soos by Grey nie. Eunice het vir dekades finansieel gesukkel, maar nou gaan dit heelwat beter en eintlik heeltemal goed.
Ons het verneem by ander instansies waar die weggejaagde buitemuurse-mense wat van Grey af kom, soveel vir hul besighede gedoen het. Oorkant Grey is nou die plek vir die kleintjies se middagstudie en die koffiewinkel, asook die ander praktyke daar blom vandat hulle daar is want skielik is daar deurgaanse bewustheid—kinders en ouers wat lus, dors of honger het, kan sommer daar iets kry. By ander plekke soos die skougronde en omliggende besighede is dit ook die geval, om nie eers te noem dat mens afbreek doen aan jou naam deur mense weg te jaag nie want mense bly nie stil as hul sleg behandel word of benadeel word nie.
Grey het regtig nie geld nodig nie, al kry hul minder by die departement van onderwys. As iemand sukkel is dit sigbaar, wat nie by Grey die geval is nie en dis duidelik want hulle gaan nie uit hul pad om almal goed te behandel nie. Die Grey Club 1000 is onnodig en net 'n skyn om mense wat reeds sukkel, want almal sukkel deesdae in hierdie land, nog meer te tap vir onnodige goed.
Tuesday, September 8, 2015
Hoekom Nie Klagtes Deel Met Die Skoolhoof Nie
Mense wat slim genoeg is, sou in vorige plasings agtergekom het dat dit nutteloos is om met die skoolhoof, Mnr. Deon Scheepers, te gaan praat want hy stol 'n mens net, sny mens af of kom met verskonings.
Niemand stel belang in hoe oulik 'n onderwyser is of hoe aangenaam 'n onderwyser is nie. Mens stel belang in hoe die leerders behandel word en hoe goed die onderrig is. As die onderrig swak is, moet dit ondersoek word, erken word, aangespreek word en verbeter word of verdere stappe moet geneem word.
As ouers, grootouers of seuns kla oor iets by Grey word die seuns in hul familie wie nog op die skoolbank sit, 'gemerk'. Daarom is hierdie 'blog' 'n veilige plek waar mens kan sê wat jy wil, hoe jy wil en die nodige klagtes of griewe kan deel, sonder dat iemand weet wie jy is.
Hierdie is die enigste manier om te sê hoe dinge regtig by Grey is, hoe mens voel oor die goed wat gebeur en hoe personeel se gedrag teenoor leerders is, sonder om op een of ander manier benadeel te word.
By Grey werk dit so, as 'n oudste broer stout was toe hy skool gegaan het by Grey en die personeel vind uit dat sy jonger broers, sy familie is, en tans daar skoolgaan, word al die jonger broers behandel of hulle self die wandade gepleeg het. Dis beter om hierdie jonger broers liewer in ander skole te plaas; basta met die tradisie! 'n Kind se selfbehoud en bewaring kom eerste. Niemand het nodig om aan sulke gedrag blootgestel te word nie, veral as jy self niks gedoen het nie, maar nou moet boet vir 'n ander se wandade.
Nou weet almal hoekom dit beter is om anoniem te bly. So, ons gaan voort met die 'blog' soos tevore in ons poging om bewustheid te skep en verandering, veral verbetering, voort te bring. Dit help in elk geval nie om te kla by die personeel of die skoolhoof nie. Op hierdie manier beskerm ons, ons seuns.

Saturday, September 5, 2015
Weet Nie Waaroor Bohaai is Met Celeste se Bynaam
Waarom Celeste so groot ophef gemaak het dat sy 'n bynaam het, is onverklaarbaar. Ons het haar nie die naam gegee nie. Sy het die naam al jare gelede verwerf en die seuns spreek haar so aan, al vir baie lank, om nie eers te noem dat hulle haar op haar bynaam gegroet het by die musiekfees. Almal in die nabye omgewing het dit gehoor en lekker gelag soos maar altyd in die verlede. Is sy werklik so onbewus van haar bynaam? Dit maak mens bekommerd want mens wonder waaroor sy nog onbewus is en of sy nie dalk onderduimse goed het, waarvan sy wil wegkruip nie.
Sunday, May 24, 2015
Scheepers Ongewild Oor die Verwydering van "Grey Vrydag"
Gewilde skoolhoofde verdien hulle gewildheid met gunste en gawes wat hul vir hul leerders doen. Dit was altyd 'n instelling by Grey dat as daar nie veel aangaan die seuns afgegee word op 'n vrydag, selfs in Deon Scheepers se tyd toe hy nog 'n leerder aan Grey was. Ander skole se leerders was altyd jaloers op Grey omdat die seuns afgekry het Vrydae wat Greyseuns spesiaal laat voel het.
Scheepers verseker maar net dat al hoe meer hom verafsku met al die lyste onnodige reels en regulasies wat hy ingebring het en nogsteeds inbring. Ons wens al hy wil iets oorkom dat hy nie meer die skoolhoof by Grey hoef te wees nie want soveel kla dat Grey nou 'n klagteskool geword het in teenstelling met hoe dit altyd was.
Matriekseuns, graad 11 en 10 seuns onthou nog van die Grey Vrydae toe Vollies daar was. Ons wat reeds van Patat se tyd af dit geken het, kan nie glo Scheepers mismaak die skool sodat die seuns dit nou nie meer daar geniet nie. Kyk maar net of jy nog 'n Greyseuns sien rondloop op die skoolgronde met 'n glimlag, maar dalk is dit die doel: hoe meer ongelukkig die seuns is, hoe gelukkiger die personeel!
Hoe lekkerder dit by mens se skool is, hoe beter sal die leerders presteer in alles, maar as dit nie meer lekker is nie, sal die leerders al hoe minder raak. Te veel erns, gesag afdwing en ongelukkigheid kan so 'n instansie breek. Ons kan Scheepers nou regtig 'n "partypooper" noem.
Subscribe to:
Posts (Atom)