Showing posts with label Grey Kollege Griewe. Show all posts
Showing posts with label Grey Kollege Griewe. Show all posts

Saturday, February 18, 2023

DIE SKOOL IS DOM OM VAN EXTERNE BUITEMUURS TE PROBEER ONTSLAE RAAK

It just shows that people who educate don't understand business and most people who are theoretically educated in business also only understand business if they own their own business.

Ouers van seuns op Grey en selfs ander skole bied buitemuurs aan sodat hulle vir hul families kan sorg en skoolgelde kan betaal omdat pa se inkomste, as daar 'n pas is, nie meer is soos wat dit in die verlede was nie.  Baie ouers se enigste inkomste kom van die buitemuurse aktiwiteite wat hul aanbied af. Oral word skoolleerders se tyd so volgemaak met allerhande skoolaktiwiteite dat ouers wie buitemuurs aanbied se tyd om waardevolle buitemuurse aktiwitieite aan te bied bitter min is. Al hoe meer ouers kan nie meer die skoolgelde betaal as gevolg hiervan nie.

Trying to get rid of or making it so very difficult for people to present external extra mural classes is the downfall of any school. Keeping children so occupied in school activities that they don't have time for ballet, private drama, karate or any other private extra murals, is very stupid!

Hierdie tendens word al hoe erger. Hoe moet ouers en potensiëele ouers nou maak om al hul uitgawes, wat die skoolgeld insluit, te betaal?

Thursday, November 19, 2015

Grey Primêr Word Nou Heel Fokken Mal

Dink maar twee keer voor jy jou kind in Grey hou of in sit.

Die laerskool, aangehits deur Mnr Rudd wie lekker op die skoolgronde bly en deesdae verveeld is omdat hy nie meer so baie werk het nie, beplan dat die skool om 07h05 in die oggende begin.

Hierdie gaan nie net die wittes en veral die Afrikaner, wat uiteraard maar nogsteeds die land dra, heeltemal uitput nie, maar ook die onderwysers tyd saam met hul kinders kos, om nie eers te praat van dat Grey se onderwysers nou eers moeg by die werk gaan opdaag en die seuns nog meer gaan verskree want 'n moë mens is geïrriteerd!

Daar is soveel ouers wat al 05h00 van hul hoewes en plase af vertrek vroeg in die oggend om hul kinders betyds by skool te hê. Ouers, met siek kinders, moet medikasie vroeg in die oggend toedien en nou gaan dit nog vroëer gedoen moet word.

Ander ouers werk tot 21h00 en selfs 22h00 daagliks; dit net om kos op die tafel te sit met geen ekstras.

Mnr Rudd hits altyd hierdie goed aan en ou Jurie is te ruggraatloos om dit teen te staan om sy ouers te beskerm. Toe Mnr Mould nog jonk was het hy Herman goed teengestaan, maar ons nuwe hoof is te lamsakkig om te doen wat reg is. 'n Skool behoort 08h00 te begin soos die res van die wêreld dit doen, nie so vroeg soos dit reeds begin en dit nou heeltemal tot die uiterste gevat word.

Mense is alreeds so moeg en sit alles in om als te kan betaal tot die gevolg dat bitter min tyd met hulle kinders in die aande gespandeer word. Nou gaan daar geen tyd met kinders in die aande en naweke gespandeer word.

Vra gerus die onderwyseresse by graad 1. Met die finansiele toestand van ons land wat aanhoudend versleg, is daar elke jaar al hoe meer kinders wat ongedissiplineerd, wild en ongemanierd skooltoe kom. Ouers het nie meer tyd om hul kinders op te voed met basiese maniere of dissipline nie. Ouers moet teenwoordig wees om hul kinders te dissiplineer wat nou duidelik nie meer gaan gebeur. Onderwysers het ook nie tyd om daardie tipe opvoeding te doen by die skool nie. By wit kinders is hierdie verskynsel meer opvallend as by die ander rasse wat in elk geval ongemanierd en ongedissiplineerd is.

So Herman Rudd en jou trawante, want jy is die een wat Grey bestuur, as jy die wittes wil straf deur die skooltyd te vervroeg, dan moet ons jou gelukwens, jy gaan dit regkry. Jy gaan persoonlik die val van die witte veroorsaak want hulle gee reeds alles en het nie meer om te gee.

Rudd tree af die einde van volgende jaar en dan sit Grey met die gebakte pere. Miskien is dit wat hy wil doen, verseker dat al sy goed in werking tree om skade te berokken vir ouers en dan sit hy lekker by die see en lag vir Grey want hy dink werklik nie aan die langtermyn gevolge van hierdie onnosele besluit. Grey het darem werklik dom hoofde om hierdie te oorweeg, dis verseker, anders sou daar in die belang van die ouers en seuns opgetree word. Om skooltye te vervroeg is nie om in belang van die Grey- ouers en/of seuns op te tree nie, nog minder is dit in belang van Grey se personeel tensy Grey se personeel nou 'n vet salarisaanpassing gaan kry.

Nou kom ons by ons seuns. Seuns het nodig om tyd saam met pa te spandeer, maar as pa nou 3 betrekkings het om kos op die tafel te kry en ma werk ook, moet seuns hulself maar grootmaak. Geen wonder Greyseuns van alle ouderdomme is nou deesdae soos hulle is. Rooi vormpies gaan nie meer die ding doen nie, net rus en tyd saam met ouers gaan.

Die tuisstudieseuns se ouers en seuns wat reeds uit Grey gehaal is, sê dit gaan 1000 keer beter want die druk is weg en die vroeg opstaan wat hulle moeg gemaak het, is ook weg. Tuisstudie is nie so erg as wat mens dink nie en soos dit in die ou dae was nie. Hulp op die internet is nou oral beskikbaar.

Ou mense soos Rudd slaap minder en staan vroëer op ('n natuurlike verskynsel by oumense), maar jonges het hul rus, slaap en bymekaarwees-tyd nodig. Om jonges te dwing om soos oumense te wees is onmenslik en teenstrydig met menseregte. Vroëer begin is nie 'n opsie nie. Liewer later aanhou soos die oorsese skole van 08h00 - 15h00 waar huiswerktyd ook sommer ingesluit is asook etes, is wat behoort te gebeur!

Indien daar nog twyfel was, ons land is regtig in 'n swak toestand en versleg nogsteeds. ALMAL kry swaar in SA, swaarder as ander lande waar dit finansieel goed gaan, maar om mense wat darem nog 'n bydrae lewer, nog swaarder te laat kry as wat hulle reeds kry is regtig onmenslik!!!!


Thursday, October 22, 2015

Grey Sekondêr Lieg Al Vir Jare

As mens oor een ding kan lieg kan jy oor baie dinge lieg.

Elke jaar word Duits by Grey gepromoveer as die 2de meeste gebruikte taal in die wêreld, maar in werklikheid vir die afgelope dekades reeds is dit tussen die 11de en 13de gebruikte taal.

Grey is maar net te skaam om te sê hulle het nie iemand wat Spaans of Portugees kan aanbied nie en Grey wil, soos met soveel ander goed, Duits op die seuns afdwing. As Grey weer 'n vooraanstaande skool wil word, sal sokkies opgetrek moet word en belangrike tale aangebied moet word, nie 'n taal wat 11de of 13de op die statistieklys is nie.

Duits is nie eers naastenby naby die hoeveelheid mense wat Manderin, Spaans, Engels en Portugees praat.

Vertel eerder die waarheid. Dit bring mens verder as 'n infame leun! Mense is nie onnosel, hulle doen hul eie navorsing en gons hieroor al vir baie jare om nie eers te noem hoe die seuns vir die Duitse onderwyseres lag omdat sy self so onnosel is om die verkeerde inligting gereeld aan hul oor te dra as 'n feit!

Statistiek

Statistiek 2

Statistiek 3


Tuesday, August 11, 2015

Ander Skole Skryf Gemaklik Eksamen in Sweetpakke

Grey is soos met die tablette en iPads so vêr agter die ander skole want hulle het mos eng mense aan die bestuur van sake.

Ander vooraanstaande skole se leerders skryf reeds vir 'n geruime tyd eksamen in hul sweetpakke, maar drippie Scheepers weier dat Grey-seuns dit doen. Soos met almal by Grey kom Scheepie uit die ark se dae en kan net tot daar dink. Moet ook nie vergeet, niemand mag tog ooit plesier hê by dié skool nie; inteendeel moet die seuns so ongemaklik en ongelukkig wees as moontlik, dan is al die personeel by Grey bly. Mens moet altyd aan Grey dink as die slegste plek op aarde want alles word so sleg en onaangenaam gemaak as moontlik.