Friday, February 3, 2017

Human Is Nie Die Enigste Vrot Onderwyser Nie

Gelukwense aan die ouers wat vir Johan Human gaan aangee het vir sy versuiming om praktiese eksperimente te doen, dit terwyl Grey van die beste weterskap klaskamers in die land het wat spesiaal aangebou is vir eksperimente. Hierdie tipe onderwyser hoort nie by Grey nie, maar Grey het hordes van hulle wat absoluut niks omgee nie, veral nie omgee of die seuns hoegenaamd enige kennis van hulle af kry nie. Grey behoort bestempel te word as een van die swakste skole in die land met al die kak onderwysers, maar watter onderwyser sal wil weggaan as jy omtrent niks hoef te doen en van die beste betaaldes in die onderwys is?

Die eeu oue leuse geld mos nog steeds vir Grey se leerders: jy is by Grey vir die naam en vir die sport; akademie sal met ekstra klasse bolangs reg geklap word wat jou sal laat deurskraap of jy nou verstaan wat jy doen of nie. Solank jou ouers geld het vir privaat ekstra klasse, sal jy deurkom want die verpligte ekstra klasse by die skool help tog niks. Scheepers moet sy donnerse oë oopmaak.

Rerig, die oorgrootte meerderheid onderwysers by Grey is net plain swak. As hul voertsek, sal ekstra klasse nie meer nodig wees nie. Ekstra klasse sal dan net beskikbaar wees vir die geselekteerdes wat iets gevorderd wil doen soos AP-maths en seuns sal weer hul lewe terug hê en nie hul tyd gaan sit en mors by verpligte ekstra klasse nie. Skool sal weer iets word waarna uitgesien word en nie 'n las soos dit vir meeste seuns voel nie. Raak van die gemors ontslae, heel eerste van Human!