Sunday, August 30, 2015

Musiekfees was Orraaiterig

Vir so 'n bekende skool soos Grey was die musiekfees se standaard maar laag.

Hoekom in die lewe Grey vir Celeste in beheer daarvan geplaas het weet nugter alleen. Sy is 'n botterkop wat almal sleg behandel om nie eers te noem dat sy nie weet hoe om iets voor te berei nie. Haar kop is te vol strond om te fokus op skool aktiwiteite en skoolhou. Haar voorbereiding vir haar klasse asook vir die Stabilis was en is maar nogsteeds uiters pateties en dan behandel sy die seuns sleg as die kennis en leiding nie van hulle kant af kom nie.

Gelukkig is ons seuns nie aan die slaap nie. Sy het nou haar bynaam met die musiekfees verdien: "Juffrou Selet".

Daar was nie "wa-wa-woom" by die musiekfees nie want daar was niks om na te kyk nie. Dit is so vervelig om te kyk hoe mense sing. Verlede jaar was daar darem 'n paar paartjies m.a.w. van ons seuns wat gedans het, alhoewel hulle duidelik net 1 of 2 gewone 'moves' kon doen wat mens maar oral kry by Sokkies. Ons was seker dat daarop gebou sal word en dat daar goeie dans-paartjies sou optree hierdie jaar, maar tot almal se teleurstelling was dit nie die geval nie. Die akrobatiese goed was vervelig en het mens nie laat goed voel na die vertoning nie.

Ons wil van ons eie seuns sien dans en ons wil sien wat hulle met 'n dansmaat kan aanvang terwyl die ander sing. Dis tog hoekom ons kaartjies koop en gaan kyk.

By die groot simfonie konserte, massa koor optredes en opera sangers het hulle ook nou 'n paartjie en baie kere paartjies wat dans, veral as daar 'n tango of argentynse tango gespeel word of self 'n wals.

Die rede hoekom die groot en bekende simfonie orkeste en kore soveel sukses behaal deesdae is omdat hulle 'n spul professionele danspaartjies het, baie keer geklee in victoriaanse drag om te pas by die liedjies wat gesing of gespeel word, wat dansvertonings lewer. Mense vandag kan nie meer net sit en kyk hoe individue of kore sing nie; daar moet iets anders wees wat mens prikkel.

Die liedjies wat ons seuns gesing het was meer geskik vir meisiekore en dit het nie ons seuns se stemme tot hul reg laat geskied.

Ons hoop volgende jaar sal dit 'n beter vertoning wees, anders gaan ons nie weer geld mors om kaartjies te koop nie. Ons gaan ook nie hierdie jaar die DVD bestel nie; die vertoning was nie goed genoeg daarvoor nie.

Tuesday, August 11, 2015

Ander Skole Skryf Gemaklik Eksamen in Sweetpakke

Grey is soos met die tablette en iPads so vêr agter die ander skole want hulle het mos eng mense aan die bestuur van sake.

Ander vooraanstaande skole se leerders skryf reeds vir 'n geruime tyd eksamen in hul sweetpakke, maar drippie Scheepers weier dat Grey-seuns dit doen. Soos met almal by Grey kom Scheepie uit die ark se dae en kan net tot daar dink. Moet ook nie vergeet, niemand mag tog ooit plesier hê by dié skool nie; inteendeel moet die seuns so ongemaklik en ongelukkig wees as moontlik, dan is al die personeel by Grey bly. Mens moet altyd aan Grey dink as die slegste plek op aarde want alles word so sleg en onaangenaam gemaak as moontlik.

Tuesday, August 4, 2015

Grey Onderwysers Gebruik Enige Verskoning om NIE Onderrig te Verskaf

Johan Human weier om verder klas aan te bied vir sy vakke, veral praktiese eksperimente wat noodsaaklik is vir Natuur Wetenskap. Die seuns, volgens hom, stel nie belang nie omdat daar 'n paar in elke klas is wat raas, hul monde nie kan hou en soos mense aangaan wat hiperaktief aandag afleibaar is.
 
Hy weier volstrek om, soos hy vir 'n hele paar klasse gesê het, verder onderrig te verskaf. Hy meen om kennis te weerhou sal die leerders straf en tot hul sinne laat kom, selfs die wie nie eens 'n deelname gehad het in die ontwrigting nie.
 
Sjoe, maar die onderswysers by Grey is pateties. Hulle kan nie eers met 'n oplossing kom om die kennis deur te kry nie. Hierdie patete sal definitief nie kan skool hou in ontwikkelde lande waar leerders totaal ongedissiplineerd en ontwrigtend is. Grey se leerders is nie 'n tiende van wat oor die water aangaan nie.
 
Miskien is hierdie sinnelose verskoning van Johan Human 'n manier om luilekker rond te lê of om ander take wat nie met skoolhou of akademiese onderrig verband hou nie te kan doen.
 
Seuns beplan nou om by die Tuckshop 'n tafel waar hulle hul eie eksperimente kan doen op te rig en sal mede-leerders nooi om maar daar skool te gaan! Ons glo meer sal dalk so vermag word want die leerders wat wel belangstel om te leer, mors nou net hul tyd in die klas. Rondsit en niks doen is nie skoolgaan nie en Johan Human hoort nie in so 'n bekende skool soos Grey nie. Kry iemand wat weet hoe om skool te hou of miskien is dit toelaatbaar vir Deon om dit so te doen en los hy hom maar!