Saturday, February 9, 2019

Grey Fok Ouers Rond

Dis regtig eienaardig dat ouers toelaat dat die skool hulle so rondfok. Soveel ouers het al planne gemaak of hul seuns ingeskryf vir unieke verrykende buitemuurse klasse wat niks met Grey verband hou nie en dan word sport of kultuurtye by Grey sommer net eenvoudig geskuif na wanneer dit die skool pas of nuwe tye word skielik gegee.

Hierdie is heeltemal onaanvaarbaar, maar ouers is moontlik te bang om iets te sê want dan word dit op hul seun uitgehaal. Daar is soveel ure wat verlore gaan in die middae wat vir buitemuurs gebruik kan word. As Grey nou regtig 'n cool skool wil word moet alle ander buitemuurs aangebied word gedurende hierdie tye sodat skoolure of liewer, skool buitemuurse ure wat ook maar skoolure is want seuns bly op die skoolgronde, verkort word.

Koor, drama, musiek, ander kultuur aktiwiteite en meeste sport kan in die middae gedoen word. So kan sport vroëer eindig en kan leerlinge reeds 17:00 of 18:00 met als by die skool klaar wees en terug by die huis wees. Wonder of die tweede kans wat Scheepers gekry het hom sulke nuwe positiewe goed sal laat inbring en of hy nog steeds soos van tevore gedryf gaan wees deur sy ego: die ego is die duiwel wat op mens se skouer sit en jou laat glo jy is fantasties terwyl jy eintlik 'n poepol is.