Wednesday, September 5, 2018

GREY HET SLEGTE AKADEMIESE NAAM

Grey mag 'n wonderlike naam hê vir rugby, maar Grey se naam is bitter sleg as dit by akademie kom.

Scheepers is ongewild by die onderwysers omdat hy dit kon regkry dat hul skoolhou tot Donderdag want hulle was gewoond soos in Vollies se tyd om net Maandae en Dinsdae skool te hou. Ons almal weet hoe dit by Grey gewerk het tot onlangs nog.

Party onderwysers was darem nog bietjie meer verantwoordelik met meer pligsbesef deurdat hulle skool gehou het Woensdae ook. Dit was uiteraard nog steeds nie goed genoeg nie, maar dit het darem bietjie gehelp.

Nou dat onderwysers moet skoolhou tot Donderdae, waai die een na die ander. Hulle weet net nie dat waar hulle heen gaan hulle gaan moet skoolhou tot Vrydae vir heel moontlik minder vergoeding nie, maar dis hulle probleem; hulle is in elk geval kak onderwysers.

As Grey 'n skoolhoof kon hê wat verseker dat skool gehou word al 5 dae van die week sal dit glad nie nodig wees vir middag en aand ekstra klasse nie. Die nadeel hiervan sal wees dat sporttoere later vertrek en sporture dalk ook minder word. Die voordeel is dat die akademiese resultate sal styg en meer ouers tevrede sal wees want uiteraard gaan mens skool om akademiese kennis in te win en sport is 'n bysaak. By Grey, egter, het dit verkeerd gedraai want die meeste geld word uit sport en sporttoere gemaak.