Saturday, September 24, 2016

Waar Rudd Is, Is Net Kak & Drama Asook Minagting

Die hele skool gons, selfs by die hoërskool, oor die boek van die seun wat Rudd weggegooi het.

Die seun het blykbaar nie 'n opdrag ingehandig, waarna Rudd sommer besluit het om sy boek in die asdrom te gooi! Hy wil altyd ander op hul foute wys of rapporteer, maar dan is die balk baie groter in sy eie oog!

Wie gee die onderwysers van hierdie skool die reg om sulke goed te doen? As hulle nie seuns hul hande laat uitsteek sodat hulle op die hande geslaan kan word soos wat Rudd tot onlangs nog gedoen het nie, dan plak hulle die seuns se monde toe met breë celotape soos van Jaarsveld gedoen het of die onderwyser rook in die klas en gee ons kinders tweedehandse rook wat baie skadelik is soos Strauss nog steeds doen. Die lys kan nog aangaan, maar nou hou die griewe eers met Rudd verband.

Rudd is nie net 'n sadis wat ons verplig het om ons klere uit te trek in sy klas in die middel van die winter en sy klas se lugreeling op die koudste gestel het, as ons gekla het dat dit koud is nie, maar hy het wragtag voor ons sy happietyd-kos gevreet terwyl hy dit verbied het dat ons ons sin mag eet. Volgens hom was daar nie 'n happietyd nie, maar almal het van graad 1 af happietyd vir 10 minute gehad in die omgewing van 9 uur voor Geldenhuys by Grey begin het. Net om sy sin te kry het hy vir Geldenhuys ingepraat in 'n ekstra 15 minute verlenging van skooldag om hierdie konsuise happietyd in te bring. Geldenhuys was nog oningelig en onervare, daarom dat hy dit toegelaat het. Hierdie is maar net 'n paar goed wat ons van hierdie kont moes verduur, maar ons is jammer vir julle wat nog tot die einde van die jaar moet deurloop.

Rudd is die inisiëerder van alle negatiewe goed. Hy haal net goed op wat hy verander wil hê wat hom pas en skep nie 'n wen-wen situasie vir almal nie. Hy het nou al vir Geldenhuys so beïnvloed dat die seuns nie meer van Geldenhuys hou nie en vir hom bang is; glad nie soos hulle teenoor hom gevoel het in die begin nie. Wens Mould kon maar nog 'n paar jaar daar bly want geen seun was ooit bang vir hom nie, selfs al moes hy 'n paar seuns oor die kole haal omdat hulle stout was. As julle weet hoeveel mense nou al vir Grey haat oor Rudd, sal julle skrik, maar miskien is dit sy doel. Wonder watse goed hy nou weer op die opvoedkundige toer gaan aanvang wat die seuns oor moet stilbly en vir niemand mag vertel hy gedoen het nie.

Gelukkig tree die poepol nou aan die einde van die jaar af en is ons verewig van hom ontslae.

Good riddens jou sadis.