Wednesday, September 30, 2015

Baadjie vir 'n Maatjie

Hoekom word die kunsonderwyseres, by Grey se primêre skool, toegelaat om betaalde kunsklasse aan te bied in die middae, maar ons ander onderwysers en onderwyseresse mag nie vakke wat meer belangrik is as kuns teen 'n fooi aanbied nie?

Mev. van Jaarsveld het by so baie van ons gespog dat sy en Mnr. Rudd die kunssentrum begin het en hoe sy haar eie sillabus moes opstel dat dit nou duidelik word dat Mnr. Rudd seker deel in haar winste van haar kunsklasse wat sy 'ekstra kunsklasse' noem en aanbied die middae wat sy nie verpligte studie moet behartig nie. Sy bied hierdie kunsklasse ook by haar huis aan omdat sy konsuis 'n chroniese siekte het en nie sport kan aanbied nie, maar sy is nie te siek om so hard te werk aan haar middagkunsskool nie. Daarby het sy ook betaalde middagstudie by haar huis en haar man vervoer laerskoolseuns van Grey af na hul huis toe smiddae net na skool. Wie toesig hou daar is 'n raaisel want sy is by die skool besig met 'n ander vorm van geldmaak vroegmiddag: bied teen 'n fooi huiswerkklasse aan by die skool die middae wat sy nie skoolstudie behartig en selfs daardie middag wat sy skoolstudie behartig gaan sy voort met die huiswerkhulpklasse, vir seuns wat sukkel om hul huiswerk tuis te doen soos die swart kinders. Na afloop van die hulphuiswerk diens, jaag sy huistoe om die kunsklasse aan te bied en darem seker "op te check" op die nasorgleerders wat duur betaal vir daardie diens.

Dit wil voorkom of Mev. van Jaarsveld se man ledig is en help met haar en Mnr. Rudd se kunssentrum want hulle het nou agtergekom dat dit die geldmaak plek is en benut dit tot sy volle potensiaal. Die bewys is dat Mev van Jaarsveld se man gereeld by Grey is, veral soggens, mens sal dink hy werk ook by Grey.

Mev. van Jaarsveld is werklik bevoorreg om die beskikbare tyd te hê om soveel ekstra geld te maak dat sy amper nie meer haar departementele salaris benodig nie, terwyl die res van ons onderwysers in die bloedige son of koue en selfs stof sport aanbied.

Met behulp van die pamflette, 'link' onder aangeheg, wat sy by die skool uitdeel aan die leerlinge, en die plakkate waarvoor sy toestemming verkry het om op te plak by Grey se laerskool, seker by Mnr Rudd die toestemming verkry, beloop haar addisionele inkomste R230 000 plus per jaar en dan kom die middagstudie by haar huis nog by plus die middaghulphuiswerkklasse by Grey in haar klaskamer direk na skool, wat sekerlik nie minder as R500 per kind per kwartaal beloop nie. Sy 'help' 5 of meer seuns met huiswerk per middag wat sekerlik R2500 p kwartaal x 4 kwatale = R10 000 per jaar plus die nasorgkinders se gelde wat heel moontlik R700 per kind per kwartaal beloop: R700 x 10 of meer kinders, want sy neem dogters ook, word dus R28 000 per jaar. Jaarliks het sy 'n onverklaarde inkomste van R540 000 of meer waarop sy sekerlik nie belasting betaal nie, buiten haar departementele salaris en 13de cheque. Hierdie bedrag sluit nog nie die vakansie kursusse in wat sy aanbied gedurende die vakansie nie. Daarvoor adverteer sy ook kostevry by Grey met pamflette wat sy uitdeel aan die seuns en plakkate. Maak maar self die somme.

Hoekom 'n adjunkhoof, met die stem van 'n vrou, 'n 'madam' sal 'back' wat dit aanvaarbaar vind om graad eentjies se monde toe te plak met breë celotape, haar graad 1 klas se seuns onmenslik vir 'n halfuur buite laat staan met hul hande op hul kop omdat hulle nie 'n reguit ry kan vorm soos soldate nie, graad 1 seuntjies 'n kontrak laat teken, iets wat teen die wet is vir mense onder 18 jaar, en hulle dan uitermatig straf omdat hulle afgewyk het van die reëls waarvoor hulle geteken het en daarna die kontrak voorlê as bewys asof hulle die reels verstaan het waarvoor geteken is wat nie nagekom is nie, gaan mens se verstand te bowe. 'n Graad 1 leerling kan nie langer as 2 dae onthou nie, nou moet hulle onthou wat hulle op 'n stuk papier geteken het dae of weke gelede, en behoed hulle as hulle dit die kan doen en dit waarvoor hulle geteken het, nie nakom nie. 'n Graad 1 het nog nie eers 'n handtekening nie, wat nog van 'n dokument verstaan. Hierdie is maar net 'n paar van die goed wat sy aangevang het toe sy 'n graad 1 onderwyseres was en dis nog nie die goed wat sy huidiglik aanvang in die kunssentrum nie. Mnr Rudd moet regtig baie uit die 'deal' kry om hierdie goed toe te laat!

Van Jaarsveld se man is konsuis 'n godsdienstige prediker in besit van en by sy eie sekte, maar saam met sy vrou, verbreek hy al die wette want dis teen die wet vir 'n onderwyser om tuis onderrig, studie of klasse aan te bied. Onderwysers is eintlik aangestel vir 'n voldag pos, wat beteken dat hul middae nog in diens van die departement van onderwys is. Hy, Willie, is die een wat die seuns reeds vir jare aanry na hul huis toe vir middagstudie. Ook weer geld uit Grey se sak want die seuns maak nie gebruik van Grey se middagstudie nie soos hulle veronderstel is nie. Dis nou vir jou 'n godsdienstige en voorbeeldige ouerpaar hierdie!!!

Die hoofde en leerkragte by Grey dra heeltemal kennis daarvan dat die kunsonderwyseres 'n swak onderwyseres is, daarom dat sy geskuif is na 'n kuns aanbieder pos toe, met konsuis 'n kultuursentrum want soos hulle al vir baie ander gesê het, is dit moeilik om van so 'n swak onderwyser ontslae te raak. Al gee sy huidiglik kuns vir ouer seuns, is die probleem nou dat die seuns kuns haat en niks daarmee te doen wil hê na laerskool nie want sy maak dit nie net onaangenaam met haar uitermatige streng reels nie, maar dis so onaangenaam omdat sy so kwaai is. Vra maar gerus vir enige onderwyser by ander skole, haar reputasie loop haar vooruit as onnodige kwaai onderwyseres. Almal lag vir Grey omdat hulle haar in hierdie pos gesit het en trek hulle oë as hulle vir ander vertel wie die laerskool se kunsonderwyseres is. Dat sy 'n goeie kunstenaar is, is waar, maar dat sy enigsins 'n goeie onderwyseres is, is totaal onwaar. Sy kan teken en skilder, maar nie skoolhou nie.

Daar was groot kak met die mond toeplak met celoptape; die ouers wou Grey hof toe sleep, maar daar was ander ongeruimdhede van van Jaarsveld se kant ook. Sy het so erg met die seuns aangegaan dat van hulle vir jare sielkundige behandeling, wat ons voel Grey veronderstel is om te betaal, ontvang het. Gelukkig is Mnr Mould 'n deskundige in lieg en toesmeer en met Mnr Rudd, nog 'n ekspert in skynheilig wees, waarheid verdraai en  dooddruk, Mould se betroubare regterhand se hulp, het hulle van Jaarsveld dadelik geskuif na die hoër grade om die hofkwessie te ontduik.

Onderwysers behoort eintlik net vir 'n paar jaar lank aangestel te word op 'n kontrakteurs basis en kan dan heraangestel word of nie, weer vir 'n paar jaar op dieselfde basis. Geen mens moet meer lewenslank aangestel word totdat jyself kennis gee nie sodat jy kan droogmaak en nie afgedank kan word nie. Mnr Rudd is ook te lank in sy pos soos baie van die vossiele by Grey want hy weet nou presies wat om te doen om vir homself in te palm en dit so weg te steek dat niemand weet nie. Hy is 'n deskundige om dinge te ontken net soos hy die waarhede wat hierdie blog voorsien ontken.

Dit gaan regtig lekker daar by die kunssentrum in skooltyd want die kinders word aan die werk gesit met teken of verfwerk en dan kan van Jaarsveld lekker op haar rekenaar voorberei vir haar middag besigheid. So gaan dit al baie lank. Baie kinders kla dat sy nie klas aanbied nie, maar haar eie persoonlike goed op die internet naslaan of voorberei terwyl hulle gebombardeer word met moeilike werkstukke wat vir hoërskool bedoel is. As sy klas aanbied, let wel 'klas aanbied nie onderrig verskaf' is dit so onaangenaam dat niemand iets geniet nie. Die seuns vertel hoe sy in 'n woedebui toe sy kwaad geword het vir 'n swart seun, hard op sy tafelblad geslaan het, dit opgetel het dat net skroewe gewaai het en die tafelblad heeltemal afgekom het daarna. Baie ouers kan in elk geval die goed wat sy op minderwaardige vlak by Grey aanbied vir hulle kinders leer. Wens daar was tog 'n aangename kunsonderwyseres wat kuns en kultuur kon aanbied by Grey se laerskool. Kuns behoort lekker speel te wees! Van Jaarsveld het nou 'n lekker nessie vir haarself daar ingewurm by Grey ten koste van die skool en die seuns, maar haar en Rudd se sakke loop oor!

Dis nou 'n baadjie vir jou maatjie: lieg en bedrieg met die Bybel onder die arm! Herman Rudd, jy is baie slim om so vir jou en die van Jaarsvelds 'n neseiertjie op te bou sonder jou naam op die pamflet!

Friday, September 18, 2015

Herman Rudd Staan Agter die Deur!

Old Herman Rudd is a plug-puller. If someone enjoys something at Grey he will see to it that it comes to an end.

Old Herman Rudd is a chronic complainer. He complains about things at Grey until he gets his way just like a 3 year old. Not only that, he blows it up until everyone believes it to be a big and serious issue and act upon it. He drives the staff and colleagues crazy.

All this would have been fine if he was living a clean slate, but this is not at all the case.

Een van die dae is dit weer opvoedkundige toer en ouers moet maar gereed wees om jou kind te laat haal halfpad deur die toer. Hierdie toere beloop etlike 1000e rande.

Ouers vertel hoe hulle in 2011 hul familie van Stellenbos, Kaapstad en Worcester af moes ontbied om hul seuns by 'n winkelsentrum in die Kaap te laat haal omdat Mnre Rudd, Lemmer en Meyer hul daar gelos het sonder toesig om te gaan suip. Die graad 6e en 7s het gelukkig selfone by hulle gehad en het hul ouers ingelig omtrent die toestand van sake. Hierdie ouers was uit die veld geslaan.

Toe klomp familielede uiteindelik na ure se ry by die seuns opdaag om hul te haal was die 3 menere nog steeds nêrens te vinde.

Hierdie is maar net een van die voorvalle waarby Herman Rudd betrokke was, maar die goed word altyd toegesmeer. Wat die daaropvolgende jare gebeur het is hierdie ouers nie seker van nie want alles word nou duister gehou. Miskien word die seuns gedreig of afgepers om stil te bly sodat Rudd en sy travante steeds kan gaan suip, op die kinders se onkoste! Ons kan in elk geval nie glo dat enigiets sou verander het nie want dit het maar altyd so gegaan voor die dae van selfone want as iets in 'n mens se natuur is, hou jy dit aan doen, niks of niemand kan dit verander nie. (You can't teach an old dog new tricks.)

I will never leave my son in Rudd's care, for no reason; not on the soccer field, not the hostel and most definitely not the educational tour. HERMAN RUDD IS A HIPOCRITE - he pretends he is something he is NOT!

Ons almal wat deur sy koshuis, sy sportaanbieding en sy klas gegaan het, kan die man nie verdra nie. Hy is die valste mens wat nog ooit by Grey gewerk het en hy maak net moeilikheid waar hy gaan.

Jare gelede het ons ook 'n stel afgedtrap met Herman. Dis toe dat ons agtergekom het hy het nie redenasie vermoë nie want alles was eensydig. Hy kon niemand se punt insien behalwe sy eie nie en wou nie aksie neem op ons klagtes wat lewensgevaarlike nagevolge kon inhou vir seuns in die laerskool nie. Hy is 'n sadis en mense het nie 'n idee wat hy in sy klaskamer met die seuns aanvang nie. Die goed wat mens gereeld hoor is amper nimmereidigend en as jy kla sal hy toesien dat jy aan die kortste ent trek om nie eers te noem hoe hy dan op jou pik nie en ander beïnvloed om op jou te pik want dit sal vir altyd teen jou gehou word.

Dankie Here dat hy net 'n kwartaal as skoolhoof waargeneem het want as hy daardie aanstelling gekry het, sou hy Grey onherstelbaar opgefok het. Die goed wat hy aangevang het in daardie kort tydjie is reeds erg genoeg, maar hy het dit reggekry om soos altyd 'n bohaai op te skop, die goed onnodig op te blaas, dinge uit verband te ruk, vals inligitng sonder feite of bewyse te verskaf en aan te hou kla tot hy sy sin gekry het. Hy het selfs Mnr Mould teen die mure uitgedryf met sy klagtes. Mnr Mould het glad nie sy laaste jaar by Grey geniet nie; grotendeels oor Rudd en sy klagtes want hy kom ALTYD met klagtes, maar NOOIT met oplossings om 'n wen-wen situasie vir almal te skep nie.

Hou Rudd weg van ons seuns af en hou jou seun weg van die opvoedkundige toer af! Rudd is 'BAD NEWS'!!!!


Saturday, September 12, 2015

Grey Club 1000 'n Skyn

Grey Kollege het baie geld, veral nou dat Grey die Telkomgebou teruggeneem het en elke maand miljoene in huur ontvang.

Grey wil wragtag hê mens moet glo dat hulle geld nodig het, dit nadat hulle buitemuurse mense wie reeds opgedok het om lokale en sportgeriewe te huur en selfs bereid was om meer te betaal, summier weggejaag het.

Nou wil Grey se beheerliggaam wragtag hê ons moet glo dat daar fondse nodig is. Hulle wil seker die nuttelose onderwysers instop want net 'n handjievol onderwysers by Grey (laer- & hoërskool) beteken regtig iets. Die res is net spaarwiele.

Grey kry so baie met die Telkomgebou se maandelikse inkomste dat nuwe bussies aangekoop is en die nuwe gebou waarmee reeds begin is, opgerig kon word.

Die Telkomgebou kan sorg dat amper alle leerders gratis skoolgaan en nog verhogings vir die personeel verseker.

Nou dat betalende buitemuurse afrigters weg is, is die voete weg. Iets wat nooit by 'n plek moet gebeur as mens finansiële welvaart wil verseker nie. Mens moet voete hê en gereeld meer voete hê, al word daar bietjie skade aangerig aan die eiendom. Daarvoor is mos kontrakte wat bepaal dat wat jy of jou mense wat onderrig ontvang, breek, jy moet herstel en sekurietieits deposito's om dit mee te herstel.

Grey se beheerliggaam en personeel het duidelik nie 'n idee hoe om 'n besigheid te bestuur nie, dit met iemand op die voorgrond wat 'n MBA het (Mnr Scheepers) wat behoort te weet dat voete op mens se terrein noodsaaklik is. Mnr Volsteedt het altyd gesê, Grey moet soos 'n besigheid hanteer  en bestuur word, dan sal daar altyd geld wees—hy't meer besigheids-sense as Scheepers, dis duidelik. Die spul nou daar by Grey is almal nutteloos. Wonder of Scheepers regtig 'n MBA het. Voete beteken meer geld vir die Tuckshop want mense drink & eet heeltyd wat op die langduur voordelig is. Voete beteken meer bekendheid en gewildheid—advertensie vir die naam en instansie. Voete beteken beter bywoning van aktiwiteite en meer betrokkenheid by die instansie.

Die voete het nou verskuif na ander skole en hulle kry nou die ekstras. Eunice se Tuckshop en 'coffeeshop' doen vandat 'n hele klomp buitemuurse aktiwiteite van Grey af soentoe verskuif het omdat hulle weggejaag is by Grey, finansiëel regtig goed. Sportdeelname het ook uiters baie verbeter en dis nie eers verpligtend om aan sport deel te neem soos by Grey nie. Eunice het vir dekades finansieel gesukkel, maar nou gaan dit heelwat beter en eintlik heeltemal goed.

Ons het verneem by ander instansies waar die weggejaagde buitemuurse-mense wat van Grey af kom, soveel vir hul besighede gedoen het. Oorkant Grey is nou die plek vir die kleintjies se middagstudie en die koffiewinkel, asook die ander praktyke daar blom vandat hulle daar is want skielik is daar deurgaanse bewustheid—kinders en ouers wat lus, dors of honger het, kan sommer daar iets kry. By ander plekke soos die skougronde en omliggende besighede is dit ook die geval, om nie eers te noem dat mens afbreek doen aan jou naam deur mense weg te jaag nie want mense bly nie stil as hul sleg behandel word of benadeel word nie.

Grey het regtig nie geld nodig nie, al kry hul minder by die departement van onderwys. As iemand sukkel is dit sigbaar, wat nie by Grey die geval is nie en dis duidelik want hulle gaan nie uit hul pad om almal goed te behandel nie. Die Grey Club 1000 is onnodig en net 'n skyn om mense wat reeds sukkel, want almal sukkel deesdae in hierdie land, nog meer te tap vir onnodige goed.

Tuesday, September 8, 2015

Hoekom Nie Klagtes Deel Met Die Skoolhoof Nie

Mense wat slim genoeg is, sou in vorige plasings agtergekom het dat dit nutteloos is om met die skoolhoof, Mnr. Deon Scheepers, te gaan praat want hy stol 'n mens net, sny mens af of kom met verskonings. 

Niemand stel belang in hoe oulik 'n onderwyser is of hoe aangenaam 'n onderwyser is nie. Mens stel belang in hoe die leerders behandel word en hoe goed die onderrig is. As die onderrig swak is, moet dit ondersoek word, erken word, aangespreek word en verbeter word of verdere stappe moet geneem word.

As ouers, grootouers of seuns kla oor iets by Grey word die seuns in hul familie wie nog op die skoolbank sit, 'gemerk'. Daarom is hierdie 'blog' 'n veilige plek waar mens kan sê wat jy wil, hoe jy wil en die nodige klagtes of griewe kan deel, sonder dat iemand weet wie jy is.

Hierdie is die enigste manier om te sê hoe dinge regtig by Grey is, hoe mens voel oor die goed wat gebeur en hoe personeel se gedrag teenoor leerders is, sonder om op een of ander manier benadeel te word.

By Grey werk dit so, as 'n oudste broer stout was toe hy skool gegaan het by Grey en die personeel vind uit dat sy jonger broers, sy familie is, en tans daar skoolgaan, word al die jonger broers behandel of hulle self die wandade gepleeg het. Dis beter om hierdie jonger broers liewer in ander skole te plaas; basta met die tradisie! 'n Kind se selfbehoud en bewaring kom eerste. Niemand het nodig om aan sulke gedrag blootgestel te word nie, veral as jy self niks gedoen het nie, maar nou moet boet vir 'n ander se wandade.

Nou weet almal hoekom dit beter is om anoniem te bly. So, ons gaan voort met die 'blog' soos tevore in ons poging om bewustheid te skep en verandering, veral verbetering, voort te bring. Dit help in elk geval nie om te kla by die personeel of die skoolhoof nie. Op hierdie manier beskerm ons, ons seuns.

Saturday, September 5, 2015

Weet Nie Waaroor Bohaai is Met Celeste se Bynaam

Waarom Celeste so groot ophef gemaak het dat sy 'n bynaam het, is onverklaarbaar. Ons het haar nie die naam gegee nie. Sy het die naam al jare gelede verwerf en die seuns spreek haar so aan, al vir baie lank, om nie eers te noem dat hulle haar op haar bynaam gegroet het by die musiekfees. Almal in die nabye omgewing het dit gehoor en lekker gelag soos maar altyd in die verlede. Is sy werklik so onbewus van haar bynaam? Dit maak mens bekommerd want mens wonder waaroor sy nog onbewus is en of sy nie dalk onderduimse goed het, waarvan sy wil wegkruip nie.