Saturday, April 28, 2018

Grey Het Nie Waardes en Standaarde Nie!

Haal jou seun uit Grey uit en moenie seuns na Grey toe stuur nie. Mens wil jou kind laat reg groot word en mense navolg wat waardes en standaarde het.

Buiten die 3 of dalk 4 onderwysers wat regtig iets werd is by Grey terwyl die ander uiters vrot is, laat Grey nou toe dat ongekwalifiseerde afrigters "Sokkie Crash Courses" aanbied op die skoolgronde!

Miskien is dit net die skoolhoof wat vir die hele wêreld wil wys dat hy nie waardes en standaarde het nie, deur dit toe te laat, of miskien wil hy graag Grey se beeld so aan almal uitdra dat dit 'n instansie is waar sommer ongekwalifseerdes toegelaat word om afrigting te gee. Hierdie beeld word dan ook uitgedra dat 'n kwalifikasie nie belangrik is nie! As mens na die seuns se punte kyk sal mens dink amper niemand by Grey is gekwalifiseerd nie en miskien is hulle nie. Dit laat mens wonder....

Mense, hierdie is so KOMMIN dis net nie waar nie. 'n "Crash Course" as sulks is reeds KOMMIN want dit werk nie! Enige geleerde weet dit!!!!!!! Dis KOMMIN om betrokke te wees by "Crash Courses"!! Jy kan nie eers wiskunde "Crash Courses" vat of 'n "Crash Course" in kookkuns, lees, skryf, karate, tennis, rugby, ensovoorts vat nie. Die goeie naam van Grey is in gedrang en dit is nou al so dat Grey se rugbyspelers nie meer plek het in SA rugby nie want die standaard is met dit soos baie ander goed by Grey af, af, af! Mens kan met hierdie optrede verstaan hoe Grey net aanhou agteruitgaan!

Scheepie, jy het groot kak aangevang deur hierdie toe te laat op die skoolgronde, terwyl Grey reeds die regte mense op die skoolgronde gehad het wat kwalifikasies het. Jy wys duidelik waar jou integriteit lê en dis verseker nie by kwalifikasies nie want jy sou kennis gedra het van wie kwalifikasie het en wie nie, of miskien...? Nou is dit "dumps" toe met Grey se naam. Almal gaan nog meer vir ons lag, veral omdat die betrokke afrigters bedrog pleeg deur voor te gee dat hulle gekwalifiseerd is terwyl hulle glad nie is nie en glad nie dit wat hulle aanbied mag aanbied nie, omdat hulle nie daarin kwalifikasies het of skriftelike magtiging het nie! Dis alles nageaap van die wat eintlik die kwalifikasies, getekende kontrakte en magtigingsbewyse het!

Dit sal nie lank wees nie dan sal Grey seker sommer ongekwalifiseerde mediese personeel op die skoolgronde ook hê vir mediese dienste! Dis hoe dit begin en nou hier werk!

Hou jou kind van Grey af weg!