Tuesday, June 7, 2016

Grey se Bestuur Spring Voor

Ons wou nog rapporteer dat daar plakkers ingetrek het op die sypaadjie aan die voorkant van die Telkom gebou by die T-aansluiting, maar die dag wat ons iets wou plaas hieromtrent, het Grey gereageer en hul verwyder.

Die plakkers het nie net sokker gespeel in die straat en voor die karre ingehardloop die heel dag, selfs op spitstyd, om nie eers te noem dat koshuisseuns wat in die laat middag en aand na die Woolworths winkel by die Engen garage lastig geval was deur die plakkers om geld te bedel wat dit 'n onveilige situasie gemaak het, maar hulle het wrintiewaar daar geslaap. Selfs hulle tasse en komberse het op die sypaadjie gestaan deur die dag.

Wat ons pla is dat dit so lank gevat het om iets hieromtrent te doen. Die Engen garage se mense moes eers kla daaroor, voordat aksie geneem is. Weet die skoolhoofde dan nie wat aangaan nie? Hulle is immers verantwoordelik vir die veiligheid van ons seuns. Die eerste dag moes iets gedoen gewees het, nie weke later nie.