Thursday, May 28, 2015

Wat Jy Saai Sal Jy Maai - Marrabom

Uit die mond van die suigeling kom die waarheid. Net so ook leer jy mense hoe om jou te behandel deur jou optrede teenoor hulle. As mens wil weet wie 'nice' is by 'n skool, wie goed klas aanbied, wie die leerders goed behandel en wie leerders sleg behandel by hul skool, vra enige leerder. Leerders sal natuurlik nie vir personeel van die skool iets sê uit vrees dat hul aangevat, verneder of openlik 'n gek van gemaak sal word, maar daar is maniere om uit te vind.
 
Marnus van Wyk behandel die seuns by Grey soos kaaaaaak en dan verwag hy dat hulle teenoor hom moet optree met respek. Dit gebeur nie meer in vandag se lewe nie. Jy behandel ander soos hulle jou behandel; iets wat vir eeue onderdruk was, al is dit in die mens se natuur om op te tree teenoor ander soos hulle teenoor jou optree.
 
Marnus is een van die onderwysers wat seuns bitterlik gou vir detensie stuur en ook vir onnodige detensie stuur. Hy maak 'n 'issue' van alles.
 
As hy toesig hou by ander klasse as sy register klas of selfs by sy registerklas, dan mag die seuns niks doen nie, NET STIL SIT! Nou wie in die donderse wêreld kan net stilsit! Die ander onderwysers laat die seuns darem teken, lees of op hul selfone speel as hul toesighou wat te weeg bring dat seuns nie geraas maak of veel beweeg. Soveel studies het nou al bewys dat die mens MOET beweeg, DIE HELE TYD. Nou hoe gaan jy 'n kind kry om heeltemal stil te sit?
 
Ou Marrabom, Marnus van Wyk, verdien alles wat na hom toe kom. Seuns tree net op as hulle die wêreld wil laat weet van hul misnoë in iemand wat hulle afgeknou het of geboelie het. Daar is heelwat onderwysers by Grey wat seuns boelie om hul manlikheid te betoon of om hul eie ego te streel.
 
Ons staan bankvas agter die seuns wat die pragtige plakkate van Marnus gemaak en opgesit het, en noem net dat dit nie nodig sou wees vir seuns om sulke aksie te neem as dit nie vir die onderwyser wat die volwassene is, was wat hulle afgeknou het nie. Die oorsprong van alles was Marnus van Wyk. Kyk bietjie na jouself in die spiëel, Marnus. Wat jy saai maai jy!

Sunday, May 24, 2015

Scheepers Ongewild Oor die Verwydering van "Grey Vrydag"

Gewilde skoolhoofde verdien hulle gewildheid met gunste en gawes wat hul vir hul leerders doen. Dit was altyd 'n instelling by Grey dat as daar nie veel aangaan die seuns afgegee word op 'n vrydag, selfs in Deon Scheepers se tyd toe hy nog 'n leerder aan Grey was. Ander skole se leerders was altyd jaloers op Grey omdat die seuns afgekry het Vrydae wat Greyseuns spesiaal laat voel het.
 
Scheepers verseker maar net dat al hoe meer hom verafsku met al die lyste onnodige reels en regulasies wat hy ingebring het en nogsteeds inbring. Ons wens al hy wil iets oorkom dat hy nie meer die skoolhoof by Grey hoef te wees nie want soveel kla dat Grey nou 'n klagteskool geword het in teenstelling met hoe dit altyd was.
 
Matriekseuns, graad 11 en 10 seuns onthou nog van die Grey Vrydae toe Vollies daar was. Ons wat reeds van Patat se tyd af dit geken het, kan nie glo Scheepers mismaak die skool sodat die seuns dit nou nie meer daar geniet nie. Kyk maar net of jy nog 'n Greyseuns sien rondloop op die skoolgronde met 'n glimlag, maar dalk is dit die doel: hoe meer ongelukkig die seuns is, hoe gelukkiger die personeel!
 
Hoe lekkerder dit by mens se skool is, hoe beter sal die leerders presteer in alles, maar as dit nie meer lekker is nie, sal die leerders al hoe minder raak. Te veel erns, gesag afdwing en ongelukkigheid kan so 'n instansie breek. Ons kan Scheepers nou regtig 'n "partypooper" noem.