Tuesday, December 6, 2016

Grey's Academics Suck

Gelukkig is Wayde van Niekerk 'n sport ster en dis ook te verstane dat hy een geword het want Grey is 'n sportskool waar hierdie nuwe ikoon by Grey, wat oorheersend rugby georiënteerd is, vir 'n ander sport fokus gegee het. Hy sou nie akademies kon presteer nie want by Grey sou hy nie akademies kon uitstyg nie. Die druk by Grey is baie hoog in sport en ook die fokuspunt.
Oudergewoonte het Grey probeer voordeel trek uit Wayde, dit terwyl Wayde nie op skool potensiaal getoon het nie, maar eers op universiteit toe hy 'n goeie afrigter gekry het 3 jaar gelede. Almal het gegons hieroor. Grey maak uit of dit Grey is wat sport sterre produseer terwyl dit eintlik iemand anders is na skool. Die punt is, Grey produseer nie akademiese uitblinkers nie, daarom dat Grey net kan spog met 'n handjievol sport uitblinkers en dan heeltemal oorboort moet gaan om aandag te trek. Wayde se huidige afrigter en die Universiteit van die Vrystaat kom die eer toe, nie Grey nie.

Wat belangrik is, is dat minder as 3% van leerlinge dit maak in sport na skool, dus MOET mens 'n akademiese fondasie hê om op te bou of op terug te val, anders is jy gefok, maar dis iets wat nie by Grey belangrik is of as belangrik bestempel word nie. Dit terwyl Grey 'n seunsskool is en seuns gaan eendag die broodwinners van hul families wees.

Die onderwysers met die kakste persoonlikhede is die beste onderwysers en die res is net blatantly kak!

By die laerskool is Mev Tracy Eksteen die ongeskikste onderwyseres ooit. Sy skree op almal: die seuns en selfs ouers en dan vertel sy vir ander dat hulle haar aangevat het toe hulle eintlik hulself net probeer verdedig het. "Dankie Here tog my seun is die jaar klaar by die feeks," vertel 'n ma. Sy het net so op die seuns geskree met die konsert oefeninge, mens kon haar 'n kilometer of verder hoor tot by die hoërskool. Dit gaan maar elke jaar so ook tydens die optrede/s en ons wat in die saal sit as toeskouers moet die heeltyd hoor hoe sy op die kinders wat nog moet optree skree buite. Mnr Hendersen het nou die dag net so saam met haar geskree op die seuns. Sjoe, maar Grey het gemanierde onderwysers.

Mnr Leon Fourie is emosioneel soos 'n vroumens. Met sulke onderwysers het jy nie onderwyseresse nodig by Grey nie. As 'n seun of 'n paar seuns net bietjie luidrugtig is of uit hul kassie optree in sy klas wat heeltemal normaal is vir kinders, dan word daar vir hulle 'n preek met Bybel en al afgesteek. 'n Hele periode word gewy aan godsdiens i.p.v. klasaanbieding en as hy niks met die seuns regkry nie of hulle lag vir hom, wat geregverdig is, dan gaan huil hy in die badkamer soos 'n vroumens.

Mnr Herman Rudd is sekerlik die agterbakste en skynheiligste mens by Grey. Fokkit, ons is bly hy het afgetree want ons kon nie wag dat hierdie doos aftree nie. Enige goed gekwalifiseerde sielkundige sal weet dat 'n kind wat in 'n volwasse situasie ingedwing was, vassit in daardie ouerdom se EQ toe die trauma gebeur het. Rudd het in die oorlog geveg op ouderdom 12jaar en sit daar vas, selfs sy stem bewys dat hy daar vassit; daarom dat hy soos 'n jong seun klink en met almal wil oorlog voer want dit het sy strik geword. Hy het nie verby 12jarige ouderdom ontwikkel nie. In sy kop is hy ook nog besig met oorlog voer en dis glad nie 'n persoon wat by 'n skool aangestel behoort te word nie, wat nog van 'n laerskool waar kinders se persoonikhede kwesbaar is en gevorm word. Grey Kollege behoort homself te skaam dat so iemand ooit in die gskiedenis aangestel is. Duidelik was daar nie 'n agtergrond studie gedoen nie; blyk of dit 'n algemene probleem by Grey is. Baadjie vir 'n maatjie word mos by Grey toegepas as poste oopgaan.

By Grey word die arme graad 4s en 5s so toegegooi onder huiswerk, hulle vergeet totaal en al dat hulle nog kinders is. 'n Kind moet nog speel en daagliks met maatjies kuier wat geen seun op Grey kan doen nie want daar is nie tyd nie. Seuns word net besig, besig, besig gehou. Geen wonder Greyseuns het nie ontwikkelde persoonlikhede en beland by sielkundiges wanneer hul OudGreys is. Dis alom bekend dat jong en oud Oud-Greys sielkundige hulp kry na skool.

Mnr Strauss soek net verskoning om nie klas aan te bied sodat hy kan rook, so hy soek fout of skep drama deur sommer dadelik 'n rooi vorm of ditensie te gee vir iets nietig. Hy word nou amper net soveel gehaat as Rudd. Rokers fokus nie daarop om produksie te lewer; hulle fokus net op hul volgende smoke-break, daarom dat besighede wat sukesvol wil wees nie meer rokers aanstel nie.

Mev van Jaarsveld leer nie die kinders nie want sy is te lui om fiesies klas aan te bied; seker ook die rede dat sy so vet is. Sy het geen dans- of musiekkwalifikasie nie. Om die seuns in haar kunsklasperiode besig te hou, laat sy die seuns van 'n YouTube video af leer om te lyndans, onder andere Slappin Leather. Sy maak nie seker dat hulle op die maat van musiek kan dans nie want sy is nie bevoeg om dit te doen nie en hulle jaag deur die roetine met 'n spoed wat vir niks skrik. 'n Seun het hierdie lyndans onlangs saam met ander wat dit pragtig doen op maat van musiek by 'n funksie buite Bloemfontein probeer dans, maar hy het so daardeur gejaag dat hy nie net van homself 'n gek gemaak het nie, maar van Grey ook want almal het vir hom gelag en wou weet waar hy so kak leer lyndans het. Hy het hardop gesê, "... by Juffrou Lindy van Jaarveld die kunsonderwyseres by Grey Kollege se laerskool!" Toe hoor mens net "o, nou verstaan ons!" en 'n geskater lag.

Wil nie voorkom of Geldenhuys iets werd is as mens kyk hoe die onderwysers hom in hulle sak het nie want daar kan nog boekdele geskryf word oor die res wat nie in hierdie artikel genoem word nie.

By die hoërskool gaan dit net so kak.

Mnr Dykman het jare gelede regtig goed klas gegee, maar nou lees hy uit die handboeke soos blykbaar die algemene gebruik is by meeste onderwysers by Grey en bied glad nie klas aan nie. Seuns kan dit self by die huis gaan lees; die wat kan lees natuurlik want by Grey lees die seuns maar fokken kak en lekker hakkelrig as hul hardop moet lees; almal buite Grey weet dit. Dis maar een van die stigmas van Grey.

By Mnr Fritz Mynhardt word jy gestraf as jy durf vrae vra om rede jy iets nie verstaan of weet nie deurdat hy dadelik meer huiswerk gee en elke keer wat iemand 'n vraag vra, gee hy nog huiswerk by vir die hele klas. Studies het bewys dat huiswerk eintlik sleg vir kinders van alle ouderdomme is, maar nee, by hom word jy toegegooi as straf vir jou vraag sodat jy vir jouself kan skool hou deur alles self te leer want jy mag nie vrae vra nie en hy verduidelik fokkol.

https://www.facebook.com/OccupyDemocrats/videos/1128195487273504/

Miskien is die toestand van sake by Grey direk a.g.v. 'n swak skoolhoof met geen persoonlikheid nie, maar wat kan mens verwag van iemand wat in besigheid gekwalifiseerd is en nie in mense verhoudings nie. Ou Scheepie laat roep die seuns na sy kantoor wat sukkel in hulle vakke en vra wat die probleem is. Yah, right, 'n seun gaan vir hom direk sê: "Mnr, jou onderwysers suck!" Almal weet as jy iets sê en die onderwyser word ingeroep dan kak jy net want daai onderwyser pik dan op jou. So niemand sê 'n woord nie, maar boeta elke seun wens die tyd om by Grey. As Scheepers nie bevoeg is om te weet dat dit 'n onderwyser/res se plig is om die kennis in die leerling se kop te kry wat 'n bewys is dat die onderwyser iets werd is as die oorgrootte meerderheid se slaagsyfer van elke klas 70% of hoër is en nie 'n kwessie is dat die kind dit êrens self moet optel nie, dan moet hy die pad vat. Onderwysers/esse by Grey hou nie skool nie en bied nie eers naastenby klas aan soos 'n lesing op universiteit nie, maar Scheepers sal dit nie weet nie want hy is nie bevoeg om dit raak te sien en te evalueer nie. Hy kan net besigheid evalueer met sy MBA graad. So nou is sy verskoning dat onderwysers lesings aan bied by die hoërskool omdat dit is wat by 'n hoërskool gebeur, maar hy is te toe om te sien dat 'n handjievol (2 miskien 3) onderwysers dit wel doen. Skoolhou, klas en lesing aanbied vind net glad nie by Grey plaas nie. Grey se onderwysers is net daar vir die geld want hulle het hul passie vir skoolhou verloor. Scheepers gaan nog die kakste skoolhoof uitdraai wat Grey nog gehad het, selfs die ander skole se onderwysers en skoolhoofde gons hieroor, so maak jou gereed om sielkundige hulp te kry nadat skool verlaat is.

Mense hoef nie meer hierdie drama te vat of moeg te wees omdat jy so vroeg in die oggend by die skool moet wees nie; voor besigheidsure. Daar is nou internasionale aanlyn skole waar seuns kan studeer. Ouers kan op hierdie manier seker maak dat hul seun se persoonlikheid gevorm word soos hulle dit wil hê en nie soos die onderwysers hul negatief beïnvloed nie. Tuisstudie is 'n opsie met Cambridge en Cambridge het nou ook al 'n geruime tyd 'n skool in Bloemfontein, maar Cambridge is so moeilik en as jy by Cambridge se skool in Bloemfontein inskakel is dit vrek duur. Aan die ander kant is dit nie so duur as jy vat dat jy dubbel vir skool betaal by Grey nie want die ekstra klasse wat Greyseuns by dieselfde onderwyser moet of kan bywoon kom by dieselfde uit of selfs meer, behalwe dat by Cambridge die leerder rerig die kennis versamel waarop gebou kan word en nie net dit ken vir 'n dag of twee om die eksamen deur te skraap nie. Dis alom bekend by ander skole dat die seuns wat by Grey 60% behaal werklik goed doen want dit is die norm. Greyseuns sê dit self. Hahaha, wat 'n grap! Wat 'n standaard? Die 1 of dalk 2 wat regtig 'n onderskeiding kry (80%+), kry hulp buite Grey en hul fondasie was elders gelê voor hulle hul tyd kom mors het by Grey.

Met aanlynskole is daar geen boeke, skooldrag, onnodige huiswerk, petrol onkoste en die kinders word weer kinders. Skool en kennis inwin word weer 'n plesier. Ouers is bang vir tuisstudie want dan moet hulle self sorg dat hul kind die kennis inwin, maar met aanlynskole is dit anders want dis nie dieselfde as tuisstudie soos in die ou dae nie. Helfte van Bloemfontein se kinders verkry in elk geval reeds tuisstudie by Impak of Southern African Virtual School met gebruik van Skype omdat ouers nie tevrede is met onderwysers se gedrag en die swak onderrig nie. As jy nie 'n miljoenêr is wat kan bekostig dat jou seun ekstra klasse neem in die middag of aand by dieselfde onderwyser wat in die oggend kak was soos die geval is by Grey of opsioneel 'n eksterne private onderwyser kan bekostig, wat glad nie behoort nodig te wees, dan gaan jou kind nie goed doen nie en dalk selfs druip. Almal is nou moeg, siek en sat om te hoor hoe onderwysers optree in die klasse en seuns van Grey wat getoets was op wat hulle eintlik weet, kon nie naastenby 'n mondelingse toets slaag nie.

Aanlynskole is beter as tuisstudie, al val dit onder tuisstudie by die departement van onderwys want die leerder skakel in by die klas aanlyn om te sien en te beleef hoe die klas aangebied word. By aanlyn skole is daar ook nie die geval dat onderwysers aanhoudend by die klas uitstap omdat leerders konsuis nie wil stilbly nie. Wat 'n verskoning om nie klas aan te bied. Lekker nê? As kinders nie aanlyn is en deelneem aan die klas nie word die ouers dadelik in kennis gestel, so kontrole is baie beter as by skool waar seuns baie keer dagdroom.

Virtual School, Cyber School, Brainline, GEDacademy, Cambridge en selfs UNISA is maar 'n paar van die wat goedgekeur is en aanbeveel word deur die onderwysdepartement, maar al word hulle nie goedgekeur, is dit nog internasionaal en word matriekvrystelling ook gewaarborg. Dis al wat tel. Doen jou navorsing self. Dis ook nie waar dat 'n kind se sosiale lewe gaan lei onder aanlyn te studeer of met tuisstudie nie want daar word baie sosiale geleenthede en byeenkomste gehou. Kinders sal moet begin studeer aanlyn en deur internasionale aanlyn universiteite met alles wat in ons land aangaan as mens 'n waardevolle toekoms wil verseker. Dink wyd want ouers betaal dat hul kinders by universiteite studeer en dan is daar optogte en onluste wat veroorsaak dat die studente in elk geval aanlyn studeer en d.m.v. YouTube videos met private links wat aan die student verskaf word. Ouers is hoogs ontevrede en ontsteld hieroor want ouers voel hul mors hul geld. Aanlyn universiteite is baie goedkoper en kon van die begin af gebruik word, voel ouers.

Dis ook nou 'n bewese feit dat kinders wat tuisstudeer die geesdrif het om lewenslank nuwe inligting te bekom terwyl dit nie die geval is met mense wat gewoonweg skool bygewoon het. Kyk net hoe vies word Grey se onderwysers as hul aangesê word om 'n kursus by te woon. Hulle glo hulle is klaar volleerd en het nie verdere kennis nodig nie; hul het tog immers vir lewenslange kennis hul studies betaal.

"Ons seun wou bitter graag aanhou by Grey skoolgaan, maar ons was noodgedwonge verplig om hom by Cambridge te laat studeer. Hy doen uiters goed en kry nou al vir langer as 'n jaar onderskeidings in meeste van sy vakke. Hy mis nog altyd vir Grey, maar ons het net besluit ons gaan nie verder betaal vir gemors nie."—'n Pa.

"Ons het baie kragonderbrekings in die nag net voor my seuns iets belangrik moet skryf en dan is hulle so moeg dat hulle nie kan dink nie. Dinge word nou net te moeilik in ons land om met dit ook nog te sukkel. Met die tuisstudie wat ons nou vir 'n jaar doen, kan die kinders lekker laat slaap die dag na 'n kragonderbreking wat ons almal wakker gemaak en gehou het a.g.v. die stilte in die omgewing."—'n Ma.

"Since my Old Grey sons have started Cambridge they've changed completely and are the interactive children they used to be. The self-centredness they had when they attended Grey has completely vanished."—'n Ma.

Moenie sê dis 'n enkele seun nie want die enkele kinders is die leiers van die toekoms. Die res is die wat die onderdrukking en dwang vat of deur hul onkundige ouers gevorseer word om dit te vat om rede die geloof in tradisie totdat die arme kind by 'n sielkundige beland na skool of soos baie OudGreys doelloos deur die lewe gaan sonder om iets te bereik. Van hul, selfs Afrikaner boereseuns, bly nog by hul ouers as hulle reeds in hul 30s is met tydelike werkies hier en daar. Grey College Grievances het die navorsing gedoen; doen jou eie.

Met hoe dinge by Grey gedoen word, dink OudGreys hulle is beter as ander. Dit het tot die gevolg dat OudGreys baie slegte mans vir hulle vroue is en dink hulle kan maak soos hulle wil. Grey is regtig nie 'n skool wat mens kan aanbeveel vir ander nie. Grey was dekades terug 'n goeie skool waar akademiese onderrig sonder ekstra klasse iets werd was, maar is dit nie meer so nie. Geldmaak, uit ouers wat swaarkry en almal kry swaar in hierdie land deesdae, is aan die orde van die dag want die skoolhoof is besigheids-gefokus, nie gefokus om kinders 'n behoorlike onderrig te laat kry wat nie die ouers finansieel ruineer nie. Grey se onderwysers word die beste van al die onderwysers in Bloemfontein betaal, maar lewer die swakste onderrig! Skaam jou Grey Kollege . . . Geldenhuys . . . Scheepers!

Virtualschools.co.za

Syllabis.co.za

Homeschooling-curriculum-guide.com/homeschooling-South-Africa.html

Homeschoolinfo.co.za/resources.html

Southern African Virtual School

Facebook: Volkskool-Orania Afstandleer Plus

Volksskool Orania se Afstandleer Plus

23 comments:

  1. This comment has been removed by a blog administrator.

    ReplyDelete
  2. Our son also went to Grey, but he has been homeschooling for quite some time. We save tremendously on water and electricity just by not having to wash and iron school wear. It is understandable that Grey is trying to project the image of a private school, but it doesn't work in this economic climate and people's attitude, let alone the teachers' behaviour. People are really battling and families aren't spending enough time together. Each family should spend at least 2 hours per day together during the week interacting and who can do that if your child is at Grey? This is why we home-school, before it's too late and we didn't get to enjoy our child or get to know him.

    ReplyDelete
  3. Because Grey has really crappy teachers that can't teach and leave the class room, as you said Mr Blogger, we moved our son to St Andrews. Our son had no clue what was going on academically wise and was way behind his pears. By July 2015 we feared he was going to fail. The teachers at Saints are miracle workers and exceptionally good teachers, willing to put in extra. They went the extra mile and our son pulled through the end of 2015. This year has been much better and he passed with 1 distinction. Even though our son really suffered to catch up and make sense of his academics at Saints, we haven't looked back. When it comes to academics, a parent needs to step and do what is best for your child to achieve, wether it is moving to a different school or homeschooling. Academics are not only the foundation of knowledge, but the foundation of self-esteem.

    ReplyDelete
  4. You can keep on removing comments - as said in the previous one you removed mr Blogger, jou feite en spelling is verkeerd,verkeerd, VERKEERD! Trash bietjie ander mense en instansies - die internet is groot.....

    ReplyDelete
  5. Ek het van 'n betroubare bron verneem die identiteid van die blogger. Hy is 'n Oud grey. Die ondersoek draai nou na die mense wie die inligting aan om verskaf het. Hou die spasie dop.

    ReplyDelete
  6. Oh what a tangled web we weave when we first practice to deceive! Please let us have the details. I know of many people wanting to take action against the blogger and his informants for the defamation in this blog. Mr blogger - seems your time is fast approaching! You deserve what is coming to you. You will be held to account for all the people you defamed in your Blog.

    ReplyDelete
  7. Ek het die identitiet van een van die informante. Ek kan dit nie meer stil hou nie. Ek weet wat sy gese het is nie waar nie! Vir wie kan ek die inligting gee?

    ReplyDelete
  8. Ek sal kortliks 'n e-pos address gee waar jy vir my die naam van die informant kan gee. Dis tyd dat ons die "anonymous" blogger nou vas vat.

    ReplyDelete
  9. I would encourage all persons defamed in this blog to lay criminal charges and report this blog to SAPS and SAHRC.

    ReplyDelete
  10. Potties - Jy weet wie jy is - jou volle naam, e-pos, cell nommer, alles - gaan aan almal beskikbaar gemaak word. Jy kan maar dan please explain vir al die mense wat jy met die blog gelaster het!

    ReplyDelete
  11. Well , I can tell you - there is going to be a numerous charges from some of the teachers. As an old Grey, this blog is soooo humiliating for me. None of thee 'good' schools have anything such like this. We look like idiots! Like the Afrikaans boykies say - Jy k*k nie waar jy eet nie. I really hope this 'blog', stops now. For the keep sake of the Old Grey's, boys in the school now, snd future generations! Greygrievencesmustfall#

    ReplyDelete
  12. Anyone who has been defamed by this blog please lay a charge at your local SAPS.

    In addition lodge a complaint with the SA Human Rights Commission: 011 877 3600 or complete the complaint form and fax through to:

    Fax: 051 447 1128


    Provincial Manager
    Mr Buang Jones
    Contact: Alinah Khompeli
    E-mail: akhompeli@sahrc.org.za

    ReplyDelete
  13. Potties weet jy wat FICA is? One would think that as an engineer you would know. Allow me to enlighten you:

    FICA compliance requires that accountable and reporting institutions, which includes most FSPs, take

    RESPONSIBILITY TO VERIFY THE IDENTITY OF CLIENTS

    prior to transacting or establishing a business relationship with them. In addition, client information should be updated regularly to ensure the accuracy throughout the life cycle of the business relationship.

    Ja ons weet almal dis 'n "pynlike" proses om ons ID, en bewys van woning in te dien sodra ons bv a sim kaart wil link... Dalk a bietjie meer "pynlik" vir jou nou ne...

    ReplyDelete
  14. Ek dink iemand gaaan lekker pak kry in die hof! Dis about time! Dankie vir almal wat werk om die Blogger te identify saam met al sy makkers en informante.

    ReplyDelete
  15. Oh no! It seems your ANONYMOUS Attack on this fine institution and all the wonderful teachers is not so anonymous anymore!!! What are you going to do when they publish your name - the one you tried so hard to cover up!!! Cry innocence, maybe ignorance? Lest see how many people buy your sob story!

    ReplyDelete
  16. Liewe Blogger - ek sien jy like om diere te jag. Lyk my jy like ook om mense "anonymously" te jag op jou blog... FAIL!!!

    ReplyDelete
  17. Those who know about, have followed and researched the start of this blog from back when it started, knows that it was started by a Johan Potgieter - The original Grey College Grievances Blog. He however made a mistake when using his google account, so that when he set it up, it displayed all his details. He then immediately closed it down and restarted a new one removing all his details so he could do so anonymously. I have heard from a reliable source that Johan Potgieter has now been identified.

    ReplyDelete
  18. 'N mens kan nie verstaan hoekom iemand nie met mense wil gaan praat nie, maar sal eerder mense in anoniem afkraak. Mooi skoot manne!

    ReplyDelete
  19. Ons weet van baie mense wat ontevrede is, ongelukkig is en vir baie jare al praat, maar niks word gedoen nie. Ons ken selfs 'n dominee wat sielkundige behandeling moes kry agv van Grey wie Grey met 'n passie haat. Niemand weet van hierdie mense nie want hulle maak dit nie 'n publieke openbaring nie, maar hulle lei vir die res van hulle lewe. Moet jou nie blindstaar in mense wat nie wil sien wat by Grey aangaan nie. Ons is aan Blogger se kant want ons het ook deurgeloop by Grey.

    ReplyDelete
  20. Is die dominee nie dalk in die verkeerde beroep nie?

    ReplyDelete
  21. Hi everybody, I note there has been a lot of activity on this Blog of late. I have been retained by the School and a number of teachers, who have been wrongfully defamed, to institute civil action against the Blogger. The School and teachers also intend laying criminal charges and other complaints against the Blogger. From the outset, I would like to appeal to you not to take the law into your own hands, or to speculate on the identity of the Blogger, but to work through the correct channels, so that we can hold the Blogger to account. Both the advocate I have retained and myself, believe we have enough evidence on the Blogger. However, it is clear he is not acting alone and we would also like to institute action against the people who have been supplying him with info. I shall accordingly be grateful if you would make contact with me directly at jean-paul.rudd@adamsadams.com should you have any information on the Blogger himself, but more importantly, the people who have supplied him with info. Many thanks and kind regards JP Rudd

    ReplyDelete
  22. Further to my comment above. I will seek instructions not to pursue action against the first informant who comes forward and assists in identifying everyone involved. I would accordingly encourage you to come forward, so as to avoid the consequences associated with being involved in the Blog. Kind regards JP Rudd

    ReplyDelete