Thursday, May 17, 2018

Swak Onderrig by Grey Hou Aan

Van 'n bron:

"Ek sit langs 'n meisie in die die wiskunde ekstraklas een aand by haar skool en ek verstaan niks wat die juffrou verduidelik nie. Ek leun oor en vra die meisies wat op die bord aangaan. Hulle sê die juffrou herhaal net gou kortliks die goed wat ons 2 jaar gelede by die skool as deel van die leerplan moes gedoen het. Ek weet niks wat daar aangaan nie. Toe ek by die huis kom vertel ek my ouers en my pelle. Ons stel ondersoek in en kom agter dat my en hulle wiskunde geen fondasie het nie en daar verder niks beter gegaan het vandat ek in die hoërskool gekom het nie. My onderwyser in die laerskool was Mnr van Vuuren. Die skoolhoof het my ingeroep om my aan te vat oor my wiskundepunte wat so laag is. Hy maak uit asof ek die probleem is en gee my nie 'n kans om vir hom te vertel hoe swak die onderwysers by die skool is nie. Ek word vertel dat ek van nou af moet hard werk, maar hoe doen jy dit as jy net vir 5 minute klas het elke periode?"

Nadat hierdie seun met ons gepraat het, het ander ook dieselfde vertel. Hulle het selfs genoem dat hulle probeer het om by hul onderwysers hulp te kry omdat hulle swak onderrig gekry het in die laerskool by Grey veral in belangrike vakke soos wiskunde, wetenskappe en tale. Die onderwysers trek net hulle skouers op en sê die laerskoolonderwysers het nie hulle werk gedoen nie en daar is nou niks aan te doen nie want hulle is nie bereid om ekstra klas aan te bied om dit reg te stel nie omdat dit nie is waarvoor hulle daar is nie.

Die seuns wat Grey verlaat het, vertel dat hulle ekstra wiskunde onderrig moes ontvang van graad 3 en ander van graad 4 af om te verstaan wat in die hoërskool aangaan met wiskunde. Hulle noem ook dat al is dit elementêr, dit uiters nodig was om weer amper van voor af te begin. Hierby voeg hulle dat hul sisters in die meisieskole baie meer weet as hulle en deeglike onderrig ontvang en na alles wat hulle moes deurgaan om die regte kennis te kry, hulle agterkom dat as die klasse by die skool reg aangebied word in skooltyd, dit glad nie nodig is vir ekstra klasse by die skool, by ander skole of privaat mense nie.

Die fokuspunt by Grey is verkeerd en op sport, terwyl dit op akademie moet wees omdat ons seuns die broodwinners moet wees vir hulle families wanneer hulle groot is.

Verder verneem ons hoe Oud Greys sukkel by universiteite want hulle is gewoond aan sport en partytjie hou. Sport is die grootste vorm van partytjie hou. Die eerste 2 jaar van universiteit fok hulle net rond en suip soveel as hulle kan terwyl die ander skole se seuns gefokus is en hard studeer. Die uitsonderings is weglaatbaar min, alhoewel daar natuurlik is, maar die oorgrootte meerderheid is wat tel.

'n Onderwyser behoort nie sy moer te strip omdat die klas raas of onbeheersd is nie want dis in 'n seun se natuur. Seuns kan nie stil sit nie, so jy kan nie van ons seuns verwag om so stil te wees dat mens 'n speld hoor val nie wat die onderwysers altyd probeer regkry voordat hulle glo gaan klas aanbied nie; dis nou as hulle in die klas is die hele periode.

Dit behoort nie so moeilik te wees vir 'n skoolhoof om van 'n onderwyser ontslae te raak wat nie iets vir die skool beteken nie. Soos met enige besigheid, want 'n skool is maar ook 'n vorm van besigheid (mens kom dit veral agter as mens sien hoe baie sporttoere daar nou by die skole is om geld uit die leerders te maak vir hul skole); 3 waarskuwings en jy's uit!

Vir die onderwysers wat iets beteken en wel in hul klasse is die hele periode: Seuns agter in die klas kan in elk geval amper nooit hoor nie, so hoekom sit die skool nie speakers agter in die klas en gee vir die onderwysers 'n mikrofoon nie want dan kan die onderwyser klas aanbied asof hy/sy alleen in die klas is en almal kan hoor, al raas of vroetel die res. Grey het baie geld as mens sien hoeveel nuwe goed by die skool aangekoop, gedoen, gebou en ingebring word wat glad nie betrekking het op die akademie nie.

2 comments:

  1. Noodgedwonge moes ons ons seun skuif van 'n ander laerskool na Grey toe. Hy het nog altyd vêr bo 80% vir al sy vakke gekry en nou moet hy ekstra klasse vir wiskunde bywoon buite die skool om sy wiskunde punte bo 80% te hou sodat sy gemiddeld nie laer as 80% is nie. Hierdie is totaal en al onaanvaarbaar en ongehoord vir 'n laerskoolkind. Ons is bitterlik teleurgesteld.

    ReplyDelete
  2. At the high school we experience that the good teachers resign and leave while the crap ones stay behind causing the good teachers to become less and less. It is as though the teachers in general have lost their passion to teach. There should be a way to get rid of the crap teachers. Isn't it possible to appoint a teacher on a contractor basis? In fact, shouldn't it be advisable to appoint all staff on a contractors basis to get them all to perform properly? There should be a way.

    ReplyDelete