Sunday, April 12, 2020

SMEEK VIR NUWE WAARDEVOLLE SKOOLHOOF

Jesus Christus, vandag (Paas Sondag) van alle dae vra ons namens ons Greyseuns, ouers en personeel, kan U vir ons 'n skoolhoof stuur wat waarde vir ons skool inhou en in ons belang optree; 'n hoof wat ons op trots kan wees en wat ons as 'n vader en vriend kan beskou.

Ons het 'n skoolhoof nodig wat vir Grey 'n advertensie kan wees en nie iemand wat in sy kantoor wegkruip, seuns en ouers sleg behandel, en nie sy deel van sy pligte behoorlik nakom nie. Ons is gatvol om iemand wat nie sy deel doen en net die minimum doen om sy eie ego te streel aan bewind van ons eens besonderse skool te hê. Dis nou tyd dat ons 'n fantastiese hoof wat 'n ambassadeur vir Grey is te kry as skoolhoof om ons naam in ere te herstel.

Ons wil ook, soos ons voorvaders en ouers, trots wees op Grey wat ons ontneem is met die aanstel van Scheepers en nou het Geldenhuys ook in hierdie selfde rigting begin beweeg. Daar was altyd gesê die kaffertjies is die probleem, maar dit wil tog wel voorkom of die witman die probleem is oral.

'n Skoolhoof behoort net 'n kort tydperk van 4 of 8 jaar aangestel te word soos 'n president sodat hy nie dink hy is die alfa en omega wat kan doen net wat hy wil nie. Ons het Scheepers geglo toe hy gesê het hy gaan Grey in 'n akademiese skool verander. Dit was die grootste leun wat iemand ons nog vertel het want almal wat akademies presteer doen dit a.g.v. ekstra klasse by privaat persone of ander instansies, nie by Grey nie. Ons soek daai tipe skoolhoof wat dit wel sal regkry, wat die "guts" het om sporttye minder te maak vir die gebruik van ekstra klasse, koor en kultuur aktiwiteite smiddae en aandklasse heeltemal afskaf sodat seuns en ouers weer kan rus en familiebande by die huis kan versterk. Ons is almal oormoeg want die vereistes en heeltyd by die skool wees, is net te veel. Selfs die koshuisseuns het nie meer ontspanningstyd nie, dis net altyd besig wees met skoolverwante aktiwiteite. Dis nie waaroor skool gaan nie. Skool gaan daaroor om kennis in te win,  nie om 15 ure per dag besig te bly met sport of ander skool aktiwiteite nie. Sport is in werklikheid 'n ekstra.

Daar behoort eintlik glad nie ekstra klasse te wees nie. Skooltyd is veronderstel om gebruik te word vir die aandbied en oordra van kennis. Die ander kole in die res van die wêreld doen dit so, hoekom kan ons nie ook nie? Seuns behoort soos in ander lande lekker skateboarding of ander aktiwiteite na ure te kan doen. By Grey het ons nie "na ure" nie: nie die seuns, ouers of die personeel nie. Dis nie 'n lewe nie!!

Asseblief Here, hoor ons gebede, maak seker ons nuwe hoof is nou die regte hoof, 'n dinamiese ambassadeur wat vir ieder en elk by Grey omgee, aan voorstelle en klagtes aandag gee, en in ander se belang optree.

1 comment:

  1. This is a fantastic post with a lot of useful information for readers. We also offer cab services in India for both local and long-distance travel.


    taxi service in rishikesh

    ReplyDelete