Sunday, May 24, 2015

Scheepers Ongewild Oor die Verwydering van "Grey Vrydag"

Gewilde skoolhoofde verdien hulle gewildheid met gunste en gawes wat hul vir hul leerders doen. Dit was altyd 'n instelling by Grey dat as daar nie veel aangaan die seuns afgegee word op 'n vrydag, selfs in Deon Scheepers se tyd toe hy nog 'n leerder aan Grey was. Ander skole se leerders was altyd jaloers op Grey omdat die seuns afgekry het Vrydae wat Greyseuns spesiaal laat voel het.
 
Scheepers verseker maar net dat al hoe meer hom verafsku met al die lyste onnodige reels en regulasies wat hy ingebring het en nogsteeds inbring. Ons wens al hy wil iets oorkom dat hy nie meer die skoolhoof by Grey hoef te wees nie want soveel kla dat Grey nou 'n klagteskool geword het in teenstelling met hoe dit altyd was.
 
Matriekseuns, graad 11 en 10 seuns onthou nog van die Grey Vrydae toe Vollies daar was. Ons wat reeds van Patat se tyd af dit geken het, kan nie glo Scheepers mismaak die skool sodat die seuns dit nou nie meer daar geniet nie. Kyk maar net of jy nog 'n Greyseuns sien rondloop op die skoolgronde met 'n glimlag, maar dalk is dit die doel: hoe meer ongelukkig die seuns is, hoe gelukkiger die personeel!
 
Hoe lekkerder dit by mens se skool is, hoe beter sal die leerders presteer in alles, maar as dit nie meer lekker is nie, sal die leerders al hoe minder raak. Te veel erns, gesag afdwing en ongelukkigheid kan so 'n instansie breek. Ons kan Scheepers nou regtig 'n "partypooper" noem.

1 comment:

  1. Grey Vrydae was wonderlik! Dis werklik jammer dat Deon dit tot niet gemaak het! Hy kon so gewild gewees het onder die seuns, as hy net meer plesier by Grey ingebring het.

    ReplyDelete