Thursday, November 19, 2015

Grey Primêr Word Nou Heel Fokken Mal

Dink maar twee keer voor jy jou kind in Grey hou of in sit.

Die laerskool, aangehits deur Mnr Rudd wie lekker op die skoolgronde bly en deesdae verveeld is omdat hy nie meer so baie werk het nie, beplan dat die skool om 07h05 in die oggende begin.

Hierdie gaan nie net die wittes en veral die Afrikaner, wat uiteraard maar nogsteeds die land dra, heeltemal uitput nie, maar ook die onderwysers tyd saam met hul kinders kos, om nie eers te praat van dat Grey se onderwysers nou eers moeg by die werk gaan opdaag en die seuns nog meer gaan verskree want 'n moë mens is geïrriteerd!

Daar is soveel ouers wat al 05h00 van hul hoewes en plase af vertrek vroeg in die oggend om hul kinders betyds by skool te hê. Ouers, met siek kinders, moet medikasie vroeg in die oggend toedien en nou gaan dit nog vroëer gedoen moet word.

Ander ouers werk tot 21h00 en selfs 22h00 daagliks; dit net om kos op die tafel te sit met geen ekstras.

Mnr Rudd hits altyd hierdie goed aan en ou Jurie is te ruggraatloos om dit teen te staan om sy ouers te beskerm. Toe Mnr Mould nog jonk was het hy Herman goed teengestaan, maar ons nuwe hoof is te lamsakkig om te doen wat reg is. 'n Skool behoort 08h00 te begin soos die res van die wêreld dit doen, nie so vroeg soos dit reeds begin en dit nou heeltemal tot die uiterste gevat word.

Mense is alreeds so moeg en sit alles in om als te kan betaal tot die gevolg dat bitter min tyd met hulle kinders in die aande gespandeer word. Nou gaan daar geen tyd met kinders in die aande en naweke gespandeer word.

Vra gerus die onderwyseresse by graad 1. Met die finansiele toestand van ons land wat aanhoudend versleg, is daar elke jaar al hoe meer kinders wat ongedissiplineerd, wild en ongemanierd skooltoe kom. Ouers het nie meer tyd om hul kinders op te voed met basiese maniere of dissipline nie. Ouers moet teenwoordig wees om hul kinders te dissiplineer wat nou duidelik nie meer gaan gebeur. Onderwysers het ook nie tyd om daardie tipe opvoeding te doen by die skool nie. By wit kinders is hierdie verskynsel meer opvallend as by die ander rasse wat in elk geval ongemanierd en ongedissiplineerd is.

So Herman Rudd en jou trawante, want jy is die een wat Grey bestuur, as jy die wittes wil straf deur die skooltyd te vervroeg, dan moet ons jou gelukwens, jy gaan dit regkry. Jy gaan persoonlik die val van die witte veroorsaak want hulle gee reeds alles en het nie meer om te gee.

Rudd tree af die einde van volgende jaar en dan sit Grey met die gebakte pere. Miskien is dit wat hy wil doen, verseker dat al sy goed in werking tree om skade te berokken vir ouers en dan sit hy lekker by die see en lag vir Grey want hy dink werklik nie aan die langtermyn gevolge van hierdie onnosele besluit. Grey het darem werklik dom hoofde om hierdie te oorweeg, dis verseker, anders sou daar in die belang van die ouers en seuns opgetree word. Om skooltye te vervroeg is nie om in belang van die Grey- ouers en/of seuns op te tree nie, nog minder is dit in belang van Grey se personeel tensy Grey se personeel nou 'n vet salarisaanpassing gaan kry.

Nou kom ons by ons seuns. Seuns het nodig om tyd saam met pa te spandeer, maar as pa nou 3 betrekkings het om kos op die tafel te kry en ma werk ook, moet seuns hulself maar grootmaak. Geen wonder Greyseuns van alle ouderdomme is nou deesdae soos hulle is. Rooi vormpies gaan nie meer die ding doen nie, net rus en tyd saam met ouers gaan.

Die tuisstudieseuns se ouers en seuns wat reeds uit Grey gehaal is, sê dit gaan 1000 keer beter want die druk is weg en die vroeg opstaan wat hulle moeg gemaak het, is ook weg. Tuisstudie is nie so erg as wat mens dink nie en soos dit in die ou dae was nie. Hulp op die internet is nou oral beskikbaar.

Ou mense soos Rudd slaap minder en staan vroëer op ('n natuurlike verskynsel by oumense), maar jonges het hul rus, slaap en bymekaarwees-tyd nodig. Om jonges te dwing om soos oumense te wees is onmenslik en teenstrydig met menseregte. Vroëer begin is nie 'n opsie nie. Liewer later aanhou soos die oorsese skole van 08h00 - 15h00 waar huiswerktyd ook sommer ingesluit is asook etes, is wat behoort te gebeur!

Indien daar nog twyfel was, ons land is regtig in 'n swak toestand en versleg nogsteeds. ALMAL kry swaar in SA, swaarder as ander lande waar dit finansieel goed gaan, maar om mense wat darem nog 'n bydrae lewer, nog swaarder te laat kry as wat hulle reeds kry is regtig onmenslik!!!!


8 comments:

  1. You are fucking grazy you racist

    ReplyDelete
  2. ek moet sê ek was geskok oor hierdie vroeg opstaan tye. almal, nie net die wit suidafrikaners nie, werk baie hard om kos oppie tafel te sit. so dit gaan almal negatief affekteer.

    ReplyDelete
  3. Van waar ry die mense Al 5am Grey toe ? Van Kroonstad, Bethlehem, Colesberg of jou verbeelding

    ReplyDelete
  4. i live in Heidedal and me parnts only get bck arnd 8 at nght then we make somthng to eat & eat sopper arnd 9. we only get to bed after 10. i dnt knw how my littl brothr is going to cope gettng up even earlier for schl. he's only going to grade 5 nw. i hv to go to schl wth hm & Heidedal is far away so we hv to get up extra early. ths is very unfair upsettng

    ReplyDelete
    Replies
    1. You need to work on your spelling- ASAP!!!!

      Delete
  5. Duidelik het die personeel van Grey geen insig in wat by die leerders se huise aangaan. Ons staan al net na 6 in die oggend op om almal gereed te kry, wat ontbyt eet en tande borsel insluit, vir skool en werk en ons bly in Bloem. Tasse moet die vorige aand gepak word want daar is nie tyd in die oggen, anders is ons laat vir skool. Nou wil ek nie weet hoe vroeg ander moet opstaan wat buite die stad bly en op klein dorpies rondom Bloem bly nie. Vriende van ons bly naby Glen en hulle staan nog vroër op, en dis waar, baie ouers werk nog in die aande ook. Mens kan nie net werk, eet en slaap nie. Dis nodig om met jou familie interaksie ook te hê. Baie keer kry ons nie eers tyd om met ons seuns te praat of te gesels nie. Ons stem saam, maak die skooltye eerder later, maar nou gaan dit te vêr!

    ReplyDelete
  6. Ek het nog altyd geweet Grey se personeel is koekoe en het nie die nodige breinselle om te kan dink en redeneer nie, maar ek is 100% seker dis die geval met Rudd. Ons het hom gehaat toe ons nog op skool was en niks het verander nie.

    ReplyDelete
  7. Julle sal ALTYD iets kry om oor te kla - ek is 38 jaar oud - die tyd toe ek op skool was, was dinge presies dieselfde. Ons het ook vroeg in die oggende begin en 'n druk program gehad. Dit het my, en my generasie voorberei vir 'real life'. Hierdie ge oppiep wat kinders is 'n 'joke'!!!!! Ek dink Grey is nog vd min skole wat hul bes probeer om die seuns voor te berei vir 'real life' My dae op Grey was ook nooit net maklik en lekker nie, maar ek bly getrou aan my alma mater en my twee seuns is baie gelukkig daar.

    ReplyDelete