Friday, May 27, 2016

'n Pa Praat Sy Hart Uit

"Dis baie hartseer van Juan-Luther, wie selfmoord gepleeg het, maar hy sal seker nie eers deur Grey se skoolhoof onthou word want Scheepers ken nie die seuns nie. Daar is 'n rede dat hierdie seun, soos baie ander seuns, uit Grey weggaan na ander skole en hierdie rede is dat die druk te hoog is. In Juan-Luther se geval was dit te laat om uit Grey weg te gaan. Graad 10 is te laat.

Grey is sport mal. Die seuns moet soveel as moontlik op die sportveld wees dat hulle nie eers kans kry om hul gedagtegang te laat gaan nie of sommer net aan nonsens te dink nie.  Hul kry nie tyd om te dink nie, dus dink hulle aan niks; fokus, fokus, fokus net op die sport omdat hulle die hele tyd behep met die sport is en besig moet bly. Ons praat nie eers van die feit dat die sport so baie tyd in beslag neem dat daar nie tyd is om huiswerk te doen nie en alle beskikbare tyd in beslag geneem word vir die skool; wat nog van die akademiese druk om te presteer. So aanmekaar sport veroorsaak ook dat die seuns nie meer kans kry om te droom nie. Hulle word soos Grey-zombies en sien nie meer uit na goed nie. Mense wat nie meer verbeelding het nie, kan maar net so wel vrek.

Sport is lekker. Ek het self sport beoefen op skool, maar ons kon kies of ons aan sport wou deelneem en as ons aan sport deelgeneem het, was die afrigting net 2 tot 3 keer per week; nie elke dag, wat nog van elke dag 2 ure vir laerskoolseuns in graad 4 en 5 laat middag en vroeg aand wanneer 'n KIND tot ruste moet kom en die brein moet afskakel en rus. Grey se skoolhoofde is heeltemal stapel gek mal!

Toe Grey nog die dansklub op die gronde gehad het, was daar iets om na uit te sien. Dit was fantastiese afleiding sonder druk en my eie seun het gesê almal, seuns en dogters, praat daarvan dat hulle van week na week leef om vir 'n uur te kan dans, so geniet hulle dit, en kan nie wag vir die sosiale ontspannende interaksie nie. Mould en Vollies was op die regte pad hier, maar die nuwe skoolhoofde is regte diktators ... slawedrywers.

Die kinders se programme by Grey is so vol, hul kan aan geen ander buitemuurse aktiwiteite deelneem soos solo-sangklasse, privaat kunsklasse, 'fencing' of boogskut nie. Die aanmekaar sport by die skool, veroorsaak ook dat seuns nie bietjie spontaan kan wees nie. Hulle word soos robotte en het nie tyd om aan interessante dinge deel te neem, te ontspan of net partytjie te hou nie. Sosiale ontwikkeling is 'n belangrike speek van 'n mens se ontwikkelings-wiel, net soos godsdiens en ander elemente is.

Dis 'n feit dat ons land net op 'n afdraende pad is en die kinders kry nou die druk om alles aan die gang te hou. Skole se personeel is so onnosel dat hulle nie kan agterkom dat die "altyd by die skool wees" die kinders en hulle ouers benadeel nie. Families spandeer glad nie meer tyd saam nie. Die eksterne buitemuurse afrigters moet skoolgeld betaal vir hulle kinders op skool en om kos op die tafel te sit want dis hul beroep, maar daar is net geen plek vir die kinders smiddae om hierdie buitemuurse onderrig te kan bywoon, en nou verdien hulle nie genoeg om skoolgeld beter te betaal nie. Plaas dat die skool hier help met die ekonomie, maar daar word die teenoorgestelde gedoen. Mens sou dink dat 'n skoolhoof met 'n MBA darem hierdie sou kon uit redeneer! Waar is die breinselle?

My seun is nou al 'n geruime tyd nie meer in Grey. Hy kry privaat onderrig en word nie net beleefd behandel, met ander woorde daar word nie op hom of sy klasmaats geskreeu soos by Grey en hy het heeltemal verander: is kalm, beleefd en vol drome vir die toekoms. Dis die beste ding wat ons vir hom kon doen. Juan-Luther se ouers het te laat opgetree. My seun het hom geken en sal hom mis. So 'n hartseer affêre affekteer ons almal en het 'n negatiewe invloed op ons om nie eers te praat van 'n kettingreaksie nie.

Basta met depressie. Kinders is ongelukkig en sien nie meer uit na hul toekoms nie. My seun was ook op die plek en punt. Seuns van Grey, selfs uitruilstudente, wat oorsee studeer sê dis 'n partytjie teen Grey; dit voel amper of hulle leeglê want dis amper 'n luilekker lewe in vergelyking met wat hulle aan gewoond was by Grey. Wie wil net heeltyd probeer bewys wat hul werd is deur alle beskikbare tyd in te boet om te leer en aan sport deel te neem? Wat het geword van al die mooi dinge beleef? Haal julle kinders vroegtydig uit Grey of weier om so baie tyd aan sport te bestee. 'n Kind moet die reg hê om te kies of hy aan sport wil deelneem of nie. Nie alle kinders is sportkinders nie en Grey is nie geskik vir alle seuns soos in die verlede nie. Grey is 'n sportskool met 'n militaristiese uitgangspunt; klaar; punt!"

Hartlik dank aan hierdie pa se skrywe!

4 comments:

  1. Ek het begin lees en toe ophou lees. Ek ken Juanluther se pa persoonlik, ons is huisvriende. Rede vir Juanluther wat uit Grey is, is oor sy beste vriende in JF was. Kry jou feite reg. Jy is besig om nonsens te maak. Jy verlekker jou in die Erasmus-familie se seer. Kom by. Die Here sien vir jou...en jy sal gestraf word.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Stem saam. Arme mens is vasgevang in die verlede

      Delete
  2. En jy is weer terug! Hoekom is jy so obsessief oor 'n skool waar jou seun nie meer is nie?!?!?!? Jou feite is ALWEER verkeerd en jou prober ALWEER moeilikheid maak waar dit onnodig is. Daar is rerig talle seuns in Grey wat nie sport doen nie, en betrokke is by hulle eie privaat aktwiteite soos bv "fencing", asook musiekklasse , sanglesse ens. Los Grey nou uit - julle is mos nou op 'n beter plek. Gaan dan aan met julle lewens.

    ReplyDelete
  3. Vir iemand wat duidelik vir Grey so haat is jy darem baie obsessief met die plek...

    Lees bietjie hier - http://www.merriam-webster.com/dictionary/obsession

    Hulle beskryf die woord 'obsession' as "a state in which someone thinks about someone or something constantly or frequently especially in a way that is not normal"... ek sou se jy is basies MAL!!! Tyd vir 'n nuwe stokperdjie of eerder obsessie, jy maak jou naam nou gat, regtig!

    ReplyDelete