Thursday, October 11, 2018

Betaal Vir Dit Wat Jy Kry

Skool is gratis in ander lande. In Suid Afrika moet mens egter betaal vir skool, al is dit die swakste akademiese skool met die swakste onderwysers.

Grey probeer ons seuns besig hou met te veel buitemuurs.

Mens moet betaal vir dit wat jy kry & wat mens by Grey kry, in terme van akademiese onderrig, is bitter min, so ons skoolgelde behoort min te wees. As die skoolgelde min is het mens genoeg om te spandeer aan ekstra klasse buite die skool.

Die eerste reel van skool behoort te wees om nie betalende ouers se inkomste af te sny nie. Soveel ouers bied buitemuurse aktiwiteite aan vir kinders soos karate, hip hop (nie by Grey nie), ballet, tennis, stoei, liggaamsbou, wiskunde, wetenkap, Frans, Portugees, ens., maar daar is amper geen tyd beskikbaar vir kinders om van hierdie buitemuurs gebruik te maak nie want hulle is die heeltyd besig met skoolverwante aktiwiteite, veral sport.

Skole moenie soos besighede bestuur word nie, maar deesdae volg almal Grey na want Grey word konsuis soos 'n besigheid bestuur en die ouers kan nie meer vir skoolgelde betaal omdat hulle te min kinders kry om in te skakel by hul buitemuurse klasse veral van Grey af. Hoe moet hul die skoolgelde betaal en ander skoofverwante gelde? Daar is ook amper geen ekstra tyd beskikbaar oor naweke want selfs die naweke word geokkupeer.

President Trump van die VSA se voorneme is "Make America Great Again!" Dis wat ons by Grey ook nodig het. As middae en aande beskikbaar is dat besighede kan voordeel trek uit kinders wat van dienste gebruik maak, help dit die ekonomie ook.

Wat ons kry by Grey is regtig baie min. Leerders is by skool om akademiese onderrig te ontvang. Sport is 'n bysaak, maar by Grey sal mens sweer die seuns is daar net vir sport onderrig en deelname. Geen wonder Grey is die nommer 1 sport skool in die land en Eunice die nommer 1 akademiese skool nie. Grey kon die nommer 1 akademiese skool gewees het as daar net iemand was wat dit reg kon bestuur.

Hou op om te betaal vir gemors en swak diens (swak diens verwys na swak onderrig). Of die kak wat vir die seuns onderrig verskaf moet afgedank word, maak nie saak hoe moeilik dit is nie, of die skoolgelde moet met ten minste twee derdes verminder want dis wat die onderrig by Grey werd is en dit begin sleg in die laerskool en word al vrotter in die hoërskool.

Aangesien Grey soos 'n besigheid bestuur word moet ouers die geleentheid kry om te betaal vir dienste gelewer en soos ouers nou voel is dit nie nodig om te betaal nie.

Bring 'n monitering in wat weekliks nagegaan word dat onderswysers moet 'perform'. As onderwysers nie 'perform' nie dan word hulle salaris minder of onderwysers moet op kommissie werk. Dan sal julle sien hoe hulle 'perform' en kinders waardevolle onderrig kry.

Die feit dat Scheepers toegesien het dat geweldig baie van Grey se onderwysers weg is by Grey, beteken nie dat hy iets werd is nie want hy is nie. Hy is glad nie toeganklik nie en hy het glad nie 'n persoonlikheid wat goeie verhoudings by personeel (onderwysers), ouers en seuns bewerkstellig nie, buiten die feit dat hy nie sy werk gedoen het en nog steeds nie doen nie.

Ons staan bank vas agter die beheerraad dat Scheepers een van die gemors is wat ook moet weg by Grey. Gee iemand heeltemal nuut die geleentheid om die "Make Grey Great Again" beleid te bewerkstellig; iemand wat toeganklik is met 'n mooi dog sterk persoonlikheid wat 'n dinamiese gesagsfiguur is, wat sy werk sal doen, waarvan mens sal hou en respek voor kan hê. Iemand wat vir ons skool omgee en nie vir sy eie sak wil sorg of terugveg omdat hy bang is dat hy nie meer 'n pos gaan hê nie.

Ons hoop van harte en bid dat die appél slaag vir ons skool en vir ons seuns se onthalwe!

2 comments:

  1. Julle by Grey is so bevoorreg om in so great skool te wees, en julle kla met die witbrood onder die arm!

    Scheepers is aangestel en ge"head hunt" deur die vorige hoof en huidige lede van BHL, nou wil hulle hom weg hê?

    ReplyDelete