Monday, October 29, 2018

Spog Met 'N Ander Se Vere

Grey se konsuise slimkoppe het nie hul kennis by Grey gekry nie. Van hulle kom van ander laerskole af waar daar regtig skool gehou word en die wat wel in Grey se laerskool was, woon ekstra klasse by wat nie deur Grey aangebied word nie. Die eeu oue manier: Grey doen niks, maar vat al die krediet. Mense gaan nie vir altyd hierdie vat nie. Daar gaan 'n punt kom waar ouers hul voete gaan neersit want die lewe is net te duur om dubbel te betaal vir geleerdheid.

Ons moet tog wel die ekstra-klas onderwysers gelukwens met wat jul vermag het, al kry julle nie die krediet nie, maak julle darem gelukkig die geld uit die Grey manne. Mens wonder net of julle nie ook op 'n punt gaan kom waar julle die krediet wil hê as net die geld nie.

1 comment:

  1. Ek stem saam, die wat ekstra klas verskaf, versterk net Grey in sy kwaad want almal dink die seuns kry goeie punte as gevolg van Grey se onderrig en besef nie dat meeste of al die seuns eintlik goed doen as gevolg van die buitemuurse onderrig nie. Dis so vals!

    ReplyDelete