Monday, September 29, 2014

The Worst Prepared Exam Paper in the History of Grey

Mnr. Scheepers sal sy sokkies moet optrek.
 
Die vraestelle hierdie kwartaal (Sept 2014) was die swakste opgestel nog ooit in die geskiedenis van Grey.
 
Mense moenie julle kinders Grey toe stuur nie. Dis 'n sport georiënteerde skool en die skoolhoof se kop is te plat om te verstaan dat hy dit nie gaan verander met die personeel wat so eng dink nie en nie kan verander nie.
 
Om te dink jy kan met ekstra aandklasse die skool se akademie verander is onnosel. Die onderwysers is so besig met sportreëlings in die oggend dat hul nie tyd het of lus is om skool te hou nie. Die vraestelle is so power opgestel die jaar. Baie vrae sê kies tussen A, B of C en daar is daar net 'n A & B. Of kies tussen A en B en dan is daar net 'n A of net 'n B.

As daar 1 of miskien nog 2 foute op 'n vraestel is, kan mens dit dalk nog oorsien, maar hierdie vraestelle het 7 - 8 sulke foute hierdie kwartaal. Dit is onaanvaarbaar.
 
Mens moet kies of jy wil hê jou kind moet geleerd sy skoolloopbaan verlaat of ongeleerd soos die meeste Greyseuns. Mense, veral seuns en mans, wat sport gefokus is, stel nie belang in akademie nie, daarom dat mens kultuur ook moet stoot. Kyk maar, kultuur georiënteerde seuns is ook akademies georienteerd wat mens gladnie van die rugby seuns kan sê nie. Dis net rugby voor en agter en by Grey is jy nie "in" as jy nie rugby speel en jy's nie 'n man as jy nie rugby speel nie, maak nie saak of jy in die G-span is en vrot speel nie. Jy moet rugby speel by Grey om aanvaar te word. Dis nou hoe mens akademies georiënteerd is, ha! Sporttye moet minder gemaak word dat seuns meer kan rus, leer en aan ander persoonlike belangstellings kan deelneem. Greyseuns is werklik uiters afgestomp, meer as enige ander skool se seuns. Seuns hoef nie elke oomblik van die dag besig gehou te word nie of so lank as moontlik op die sportveld te wees sodat hulle nie by die koshuis of huis is nie.
 
"Skip" die oggenskool, gaan net aandklasse toe soos deeltydse studente dit doen by die universiteite. Hoekom oggenskool bywoon as die werk in elk geval nie behandel word nie. Hoe het ons voorgslagte matriek deurgekom met onderskeidings en net oggenskool bygewoon?
 
Jitte, daar is groot fout by Grey!!!! 

22 comments:

  1. Ons dink al aan tuisonderrig want ons is nou moeg, siek en sat vir al ons seuns se klagtes oor Grey se akademiese onbevoegdheid. Elke liewe dag as hy in die kar klim begin hy en dit hou so aan tot hy bed toe gaan.

    ReplyDelete
  2. My 2 seuns kla net so oor die foon. Ons is al amper te bang om te bel om met hulle te praat want die idee met die oproepe is om te hoor hoe hulle dit geniet by die skool en al die skinder stories te hoor. Maar al wat ons hoor is hoe hulle nie hul werk verstaan, dat die klasse nie aangebied was omdat hul klasmaats stout was en, en, en. Nou is dit nog die vraestelle. As dit nie bewys is dat Grey iets moet doen of 'n nuwe hoof moete aanstel nie, dan weet ek nie.Ons betaal al 'n geweldige fooi vir ekstra klasse en as dit so aanhou is skool nie meer nodig nie. Dan kan hulle net die ekstra klasse bywoon want hulle leer in elk geval meer daar as by die skool op die skoolbanke.

    ReplyDelete
  3. Mens kan met niemand oor die problem praat nie. Ons het al prober, maar Mnr. Scheepers wil niks weet nie en Mnr. Mould nog minder. Die hoerskool gee die laerskool die skukld dat die seuns agter is en weier om te help dat hulle op datum kom en die laerskool gee die hoerskool die skuld dat hulle nie klas kan aanbied nie. Albei het skuld en nie 1 van hulle maak die beste van die tyd wat die seuns in die skool is nie want sport en al die reelings wat daarmee gepaard gaan, soos die plasing hierbo se, het voorkeur.

    ReplyDelete
  4. Ek wonder wat staan mens te doen. Dit gaan so by ons seuns ook.

    ReplyDelete
  5. Mahabeer is 'n GREAT ou! Ek het klas by hom, coolste ou by Grey!

    ReplyDelete
    Replies
    1. This comment has been removed by the author.

      Delete
  6. Dit is wat gebeur as oud Grey rugbyspelers as onderwysers aangestel word!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wie is dit nou??? Daar is nie rugbyspelers wat skoolgee nie...kry bietjie die feite reg!

      Delete
  7. Hiers nog van dieselfde goed... http://tinyurl.com/GreysCollege

    ReplyDelete
  8. Is julle nou klaar geteem oor Grey Kollege en sy personeel? Dink julle dit gaan veel beter by ENIGE ander skool in ons land? NEE! Die shit wat volgens JULLE hier gebeur is tien teen een erger iewers anders. Ten minste lewer Grey Kollege nog resultate op! Bekkies toe asb!!

    ReplyDelete
  9. Ek gaan julle vind en julle so hard bliksem dat julle tande by julle poepholle gaan uitmajseer.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Gaan vra jou skoolgeld terug, jy kan nie spel nie!!!

      Delete
    2. Sy taal laat ook veel te wense oor.

      Delete
    3. Mnr Bartels duidelik het u nie Vrydae skool gegaan nie! U swak taalgebruik en -spelling en vulgariteit spreek boekdele (willy)

      Delete
  10. Dit is baie duidelik die persoon wie hierdie blog met soveel passie skryf se seun/meisie is bietjie van n non champion. Meneer anonymous jy kan maar jou naam hier sit niemand gaan anyway weet wie jy of jou seun is nie. Maak jy asb vir ons die perfekte skool oop en wees die beste skoolhoof in die land. Ek kani glo iemand het die guts om te kla dat daar nie skool is op n vrydag as al die ander seuns toer nie, dis embarrassing dat jou kind nie saam toer nie. Haal julle kinders uit grey uit niemand gaan hulle mis nie.

    ReplyDelete
  11. Shame jy was seker n sluiper op skool. As jou kinders dit nie in grey kan maak nie haal hulle uit. Hulle sit die plek vol vir seuns wat graag daar wil wees! Moerse hero om agter jou blog te skuil. Ry na die skool toe en gaan praat met die hoof! Of is jy te slapgat vir dit. Kry n lewe!

    ReplyDelete
  12. Al ooit gaan navrae doen oor of die vraestel miskien departementeel is??? Dit gebeur elke jaar dat die vraestelle wat die departement opstel VOL foute is... as skool kan hulle mos nou niks doen aan wat die departement se hulle MOET gebruik nie! Wees eerder bly dat jou kind net 2 opsies kry in plaas van 3, hy kan mos baie makliker deurkom!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ek stem nie saam nie, as ek die hoof is en iets werd is, sal ek al daardie vraestelle wat so vol foute is terugstuur na die opstellers (departementeel of intern) en aandring daarop dat dit reggestel word omdat ons 'n gerespekteerde opvoedkundige instansie is en nie sulke gemors aan leerders kan voorlê as 'n toets vir hulle kennis nie. Of, wat jy sê is; ons moet nou maar verval saam met die "nuwe" departement se standaarde, of gaan ons opstaan daarteen????

      Delete
    2. Dalk moet n mens eerder die vraag vra of die onderwysers besef het daar is foute as gevolg van verskeie redes - wat ek nie hier sal noem nie

      Delete
  13. I want to start a petition

    ReplyDelete
  14. Welcome to the real world where successful people actually work on Fridays and are not only dependent on rugby for an income!

    ReplyDelete