Thursday, February 12, 2015

Waar is Grey se iPads & Tablette?

Grey Kollege is veronderstel om 'n vooraanstande skool te wees en die pas aan te gee, maar nou is Grey so agter mens sal dink Grey is 'n agterlike skool.

Die meisieskole in Bloemfontein het alreeds hierdie jaar met Tablette en iPads begin, terwyl Grey se ouers nog duisende moet betaal vir handboeke. Dis verregaande!

2 comments:

  1. Ons het ook al lankal gewonder hoekom Grey nog nie tablette het nie. Dis regtig hoog tyd. Mens sou dink Grey moes eeste gewees het om tablette in te bring.

    ReplyDelete
  2. My seun en vriende van ons se seun moes rugoperasies kry omdat die laerskool se skooltasse so swaar is. Dit terwyl ons seuns nog in belangrike groei jare is. My seun se rug moes reguit gemaak word en ons vriende se seun se kussingkies tussen sy werwels moes geskuif word omdat die onmenslike swaar tas dit geskuif het. Tablette kon hierdie probleem verhoed het en verhoed dat ander hierdie selfde paadjie stap want daar is nog menigte seuns by Grey wat reeds rugprobleme het.

    ReplyDelete