Tuesday, August 4, 2015

Grey Onderwysers Gebruik Enige Verskoning om NIE Onderrig te Verskaf

Johan Human weier om verder klas aan te bied vir sy vakke, veral praktiese eksperimente wat noodsaaklik is vir Natuur Wetenskap. Die seuns, volgens hom, stel nie belang nie omdat daar 'n paar in elke klas is wat raas, hul monde nie kan hou en soos mense aangaan wat hiperaktief aandag afleibaar is.
 
Hy weier volstrek om, soos hy vir 'n hele paar klasse gesê het, verder onderrig te verskaf. Hy meen om kennis te weerhou sal die leerders straf en tot hul sinne laat kom, selfs die wie nie eens 'n deelname gehad het in die ontwrigting nie.
 
Sjoe, maar die onderswysers by Grey is pateties. Hulle kan nie eers met 'n oplossing kom om die kennis deur te kry nie. Hierdie patete sal definitief nie kan skool hou in ontwikkelde lande waar leerders totaal ongedissiplineerd en ontwrigtend is. Grey se leerders is nie 'n tiende van wat oor die water aangaan nie.
 
Miskien is hierdie sinnelose verskoning van Johan Human 'n manier om luilekker rond te lê of om ander take wat nie met skoolhou of akademiese onderrig verband hou nie te kan doen.
 
Seuns beplan nou om by die Tuckshop 'n tafel waar hulle hul eie eksperimente kan doen op te rig en sal mede-leerders nooi om maar daar skool te gaan! Ons glo meer sal dalk so vermag word want die leerders wat wel belangstel om te leer, mors nou net hul tyd in die klas. Rondsit en niks doen is nie skoolgaan nie en Johan Human hoort nie in so 'n bekende skool soos Grey nie. Kry iemand wat weet hoe om skool te hou of miskien is dit toelaatbaar vir Deon om dit so te doen en los hy hom maar!

8 comments:

  1. Johan Human is die beste voorbeeld van n Grey gentlemen vir opgevoede seuns en ouers wat ek van weet. Hy behandel almal met respek en sal anders as u niks slegs van u seun te se he nie! My seun se punte het met meer as 10 % verbeter van hy by hom klas het. Hy is n gekwalifiseerde fisio wat privaat baie meer geld en respek kan verdien as wat u oningeligte aantuigings enigsins werd is. Iets wat hy gedoen het tot Grey hom agv sy ervaring en passie vir sy roeping gevra het om deeltyds klas te gee. Grey se dissipline kan nie eers meer amper vergelyk word met Skole in die VSA nie. Die rede? Geen dissipline tuis en gehoorsame ouers!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Verskonings, verskonings, verskonings! Alles net verskonings! Waar is die oplossings?

      Delete
  2. Ons het ook gehoor van hierdie affere, maar Johan Human weier glo net om eksperimente te doen. Hy bied nogsteeds die teorie aan. Dit is dog wel so dat as mens nie praktiese eksperimente doen nie, wat amper belangriker is as die teorie in wetenskap, dan verstaan mens nie skeinat behoorlik nie. Dit is nie moontlik om jouself iets in te dink as jy dit nie self ervaar het nie. Hou op om verskonings te maak en los die probleem op!

    ReplyDelete
  3. So tipies van Grey om te kom met verskonings ipv oplossings. Dis seker hoekom hulle nou kursusse aan bied by Grey om die seuns te kry om met oplossings te kom omdat Grey se personeel self nie met oplossings kan kom nie. Teleurstellend! Ons kan nie altyd met verskonings tevrede wees nie, rerig!

    ReplyDelete
  4. Mnr Human is een van my seun se gunsteling onderwysers by Grey! Hy vertel elke week van hoe goed mnr Human vir hulle die werk verduidelik en al die moeite wat hy doen. Eks nie seker waarvan julle hier praat nie, maar ek weet 'n worsie het altyd twee kante.

    ReplyDelete
  5. Ek wil graag hier kommentaar lewer uit n oud Grey se oogpunt. Ek het self by Johan Human klas gehad en hy is besonders goed. Hy doen altyd moeite met die seuns en help hulle met graagte as hulle om hulp vra. Al hierdie lafaarde wat op die blog so anoniem hulle kommentaar lewer moet weet dat hulle seuns nie altyd engeltjies in die klaskamer is nie! Voordat julle almal Johan Human sleg sê en n klomp aannames maak , maak gerus gebruik van Grey se kameras om te kyk hoe julle seuns hulle partykeer in die klas kan gedra. Ek sal ook weier om vir die seuns klas te gee en prakties te gee as hulle hulself so swak gedra! Johan Human sal nie weier om prakties te gee sonder goeie rede nie.

    ReplyDelete
  6. Johan Human word betaal om klas aan te bied. Hy kan nie kies of hy wil of nie. Hy word dubbel en dwars daarvoor betaal. Enige goeie onderwyser weet dat mens nie die res van die klas wat graag wil leer kan straf omdat 'n paar of selfs baie in die klas hulle nie kan gedra nie. Daar moet kreatief opgetree word sodat die wat graag wil leer, wel die onderrig ontvang waarvoor hulle betaal. Mens betaal nie vir helfte of 'n deel nie. Die betaling is vir die hele pakket. Die skool vergeet, dis nie 'n voorreg om die onderrig te ontvang nie, dis 'n verantwoordleikheid teen vergoeding. Nou dat hierdie ongeruimthede onder ons aandag gekom het, wonder mens hoe die departement sal reageer as hulle hoor dat onderwysers weier om sekere dele van die kirrikulum te behandel of aan te bied.

    ReplyDelete
  7. Naand meneer geagte blogger Mnr Human is een van die onderwysers by die skool met die meeste waardes en ook een van die grootste gentlemans wat jy sal kry. En as jy regtig n probleem met hom het en dit wil oplos kry ons maandag om 9uur by die tuckshop veld #weetjoumajyishier

    ReplyDelete