Sunday, August 30, 2015

Musiekfees was Orraaiterig

Vir so 'n bekende skool soos Grey was die musiekfees se standaard maar laag.

Hoekom in die lewe Grey vir Celeste in beheer daarvan geplaas het weet nugter alleen. Sy is 'n botterkop wat almal sleg behandel om nie eers te noem dat sy nie weet hoe om iets voor te berei nie. Haar kop is te vol strond om te fokus op skool aktiwiteite en skoolhou. Haar voorbereiding vir haar klasse asook vir die Stabilis was en is maar nogsteeds uiters pateties en dan behandel sy die seuns sleg as die kennis en leiding nie van hulle kant af kom nie.

Gelukkig is ons seuns nie aan die slaap nie. Sy het nou haar bynaam met die musiekfees verdien: "Juffrou Selet".

Daar was nie "wa-wa-woom" by die musiekfees nie want daar was niks om na te kyk nie. Dit is so vervelig om te kyk hoe mense sing. Verlede jaar was daar darem 'n paar paartjies m.a.w. van ons seuns wat gedans het, alhoewel hulle duidelik net 1 of 2 gewone 'moves' kon doen wat mens maar oral kry by Sokkies. Ons was seker dat daarop gebou sal word en dat daar goeie dans-paartjies sou optree hierdie jaar, maar tot almal se teleurstelling was dit nie die geval nie. Die akrobatiese goed was vervelig en het mens nie laat goed voel na die vertoning nie.

Ons wil van ons eie seuns sien dans en ons wil sien wat hulle met 'n dansmaat kan aanvang terwyl die ander sing. Dis tog hoekom ons kaartjies koop en gaan kyk.

By die groot simfonie konserte, massa koor optredes en opera sangers het hulle ook nou 'n paartjie en baie kere paartjies wat dans, veral as daar 'n tango of argentynse tango gespeel word of self 'n wals.

Die rede hoekom die groot en bekende simfonie orkeste en kore soveel sukses behaal deesdae is omdat hulle 'n spul professionele danspaartjies het, baie keer geklee in victoriaanse drag om te pas by die liedjies wat gesing of gespeel word, wat dansvertonings lewer. Mense vandag kan nie meer net sit en kyk hoe individue of kore sing nie; daar moet iets anders wees wat mens prikkel.

Die liedjies wat ons seuns gesing het was meer geskik vir meisiekore en dit het nie ons seuns se stemme tot hul reg laat geskied.

Ons hoop volgende jaar sal dit 'n beter vertoning wees, anders gaan ons nie weer geld mors om kaartjies te koop nie. Ons gaan ook nie hierdie jaar die DVD bestel nie; die vertoning was nie goed genoeg daarvoor nie.

23 comments:

  1. Dis so waar! Baie, maar regtig baie ouers het die dans gemis by die musiekfees en daaroor iets te sê gehad! 'n Lekker ou vastrap saam met die boereorkes sou pragtig gewees het en 'n tango sou heel goed afgegaan het.

    ReplyDelete
  2. Ag toggie, selfs 'n ou doodgewone Sokkie sou baie mooi gewees het. As mens na 'n dans toe gaan, kan mens heel aand sit en kyk hoe dans die jonges, al doen hulle nie veel nie. Dit bly tog lekker om na te kyk. Ek stem saam, 'n paar pare wat dans sou die musiekfees net lekker afgerond het. Dit het dit verseker kort gekom.

    ReplyDelete
  3. Ou Scheepers gaan nou seker die seuns vasvat omdat hulle die onderwysers byname gee, maar hy vergeet die onderwysers tree op 'n sekere manier op wat hul hulself die name toeken. Seuns en kinders van enige geslag sien maar net die optrede raak en dan word die gepaste bynaam toegeken wat by die optrede pas. Die een wat aangespreek behoort te word is die onderwyser.

    ReplyDelete
  4. Die koorfees het regtig te kort geskied. Dit was maar bietjie gevrek vir ons. Hoop hulle dans weer volgende jaar op die verhoog. 'n Tango sal baie mooi wees, maar 'n gewone boeredans sal net soveel doen. Ons is nie te min trots op die seuns.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Then watch this space.... A lot of action coming for the music festival! O wait, there will definitely something you will complain about!!!!

      Delete
  5. Musiek, sang en stylvolle dans gaan hand aan hand! Danspare sou pragtig gewees het. Ons het ook die leemte gevoel.

    ReplyDelete
  6. Well I dare any of you to put a production of this calibre together..its very easy to sit on the sidelines and to criticise it and to do so anonymously..cowardly...I enjoyed the show, if there was the same dancing every year...you all would be the first to complain it was getting monotonous...well done Celeste and her team..also the boys that took part WELL DONE!!!

    ReplyDelete
  7. Is dit wat mens noem "suur druiwe " of dalk jaloesie ?

    ReplyDelete
  8. Is dit wat mens noem "suur druiwe " of dalk jaloesie ?

    ReplyDelete
  9. Is dit wat mens noem "suur druiwe " of dalk jaloesie ?

    ReplyDelete
  10. DIE MUSIEKFEES IS NIE STRICTLY COME DANCING NIE !!!!!!!!!!!!!!!!! KYK DIT VOLGENDE JAAR GRATIS OP SABC EN GUN MENSE WAT KAARTJIES VIR DIE UNIEKE GELEENTHEID WIL KOOP DIE KANS.

    ReplyDelete
    Replies
    1. So n bek kort jem!!

      Delete
    2. Die klem lê op musiekfees dis die Grey musiekfees nie die Grey Dansfees nie self skouspel het nie dansende paartjies nie en as eke dit nie verkeerd het nie was daar dans in die show vir mense soos jy wat agter n skerm wegkruip en nie kan wag om iets sleg te sê nie omdat jy jaloers is en nie die vermoë het om eers jou skottel te kan organiseer nie dit was n Grey't musiekfees. nie n Boertjiefees nie gaan Bultfontein toe as jy dit soek .

      Delete
  11. In die vermaaklikheidsbedryf weet ons dat dansers en die ontblooting van die vroulike liggaam 'n program of optrede meer indrukwekkend maak. Deesdae gebruik ons nie meer die vroulike liggaam nie, en veral nie met betrekking tot kinder optredes nie, selfs nie eers bellydansers nie want die gevolge is te groot. Hiermee wil ek tog met u, Mnr Blogger, saamstem dat stylvolle dansers soos die van verlede jaar, veral omdat dit van tevore reeds daar was, tog wel meer afronding sou gee. Die akrobatiese optrede wat gelewer was, het nie voldoen aan standaarde wat by Grey pas nie. Die standaard was klaar daar gestel met die vorige jare se optredes, daarom verwyder 'n mens nooit so iets nie, maar voeg eerder by en probeer elke keer beter goed byvoeg, as die vorige keer. Ten spyte van als, het ons seuns baie mooi opgetree en ons was baie trots op ieder en elk van hulle. Viva la Grey!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Die dansers van 2014 was die 3 hoofseuns waarvan een se been in 'n stut was...se maar net!

      Delete
  12. The music festival was good. I too feel there was something lacking. If everyone is so much against dancers on stage, then why not add something else? Maybe nobody can think of anything better!!!

    ReplyDelete
  13. Okay...in plaas van NET kritiek lewer, wat van bietjie oplossings soos WAT julle sou wou byvoeg? Julle moan oor 'n klomp stronT (Mnr Blogger - jou spelling is uiters pateties!). My seun in matriek se elke jaar is lekker en uniek op sy eie manier gewees vandat hy in Gr8 sy eerste fees bygewoon het. Mnr Blogger en die wat saamstem met die absolute nonsens wat hier gepraat word, jy sal fout soek by hierdie skool tot jy dood is - as die fees in elke item danspassies bevat het, het jy gemoan, nou is daar nie genoeg dans nie, nou moan jy ook. Kom net by, die lewe (en die fees) gaan oor baie meer as die belaglikheid wat jy nou kwytraak.

    ReplyDelete
  14. This comment has been removed by the author.

    ReplyDelete
  15. Deesdae is almal 'n joernalis wat resensies en opinies lewer.

    Ek het nie geweet dat opinie en kritiek se definisies, die misdaad: Strafregterlike Laster (Strafregtelike laster is die wederregtelike, opsetlike publikasie van aantyging aangaande iemand anders wat die strekking het om sy goeie naam ernstig te skend of selfs crimen iniuria ) insluit nie, veral nie gemik op 'n spesiefieke persoon nie.

    Ek as oud-Grey, musikant, Brek.LLB student en gewese organiseerder van die Grey musiekfees weet wat die organisering daarvan behels en dat nie net gaan oor 'n paar dansuitvoerings nie. Dit gaan oor die borge (FNB) nog meer die "Grey Gentleman" wat met hul harte probeer om die kunste in Suid-Afrika te bevorder en te ondersteun.

    As enigeiemand bereid is om die Grey Musiekfees te organiseer, die groepe af te rig, die ouers gelukkig te hou, die seuns se drome te verwesen, klas te gee en 'n sukses daarvan te maak is ek seker die skoolhoof en ander personeel sal u betrek. Gee dan net asseblief raad wat sin maak en ook nie behels dat daar met elke item dansers is nie.

    Wat wil jul meer hê? Nog ligte? Nog gordyne? Nog dans? Klink al hoe meer soos 'n sirkus en nie asof die fokus, soos dit behoort te wees, op die seuns se gees en Grey Kollege as skool is nie.

    "Well done" aan al die organiseerders, personeel wat hul harte en siele gee vir die skool en musiekfees asook die seuns wat hul drome en talente op die verhoog verhoog uitleef.

    Grey Musiekfees het sedert 2008 'n spesiale plek in my lewe en hart en dit sal nooit verander nie. DIT IS DIE DOEL.

    ReplyDelete
  16. Die comment laat my dink dis iemand wat dalk voorheen deel was v d fees en nou nie meer is nie... Daar is so persoonlike aanslag op een persoon dat dit net jaloesie is wat sy groen monsterkoppie uitsteek. Dit was regtig Grey't verby en asb mense moenie dit verwar met Strictly nie.... Hierdie is mos die musiekfees dan nie ? Forgive them anyway 😉

    ReplyDelete
  17. Die comment laat my dink dis iemand wat dalk voorheen deel was v d fees en nou nie meer is nie... Daar is so persoonlike aanslag op een persoon dat dit net jaloesie is wat sy groen monsterkoppie uitsteek. Dit was regtig Grey't verby en asb mense moenie dit verwar met Strictly nie.... Hierdie is mos die musiekfees dan nie ? Forgive them anyway 😉

    ReplyDelete
  18. Ek is hondverstom dat hier mense is wat so negatief is. Dit is uiters ongeskik om in Celeste Venter se karakter in te klim. Die musiekfees is soos elke jaar fenominaal. Grey College en die seuns is bevooreg om vir Celeste te hê. Dit is uiters bog dat sy byname het en dat sy neerkyk op die seuns. Celeste is die epitomie van KLAS. Mense vind aanklank by Celeste oor sy so agtermekaar vrou is. Ek ken haar al van 2008 af. Nog nooit het sy 'n kind sleg behandel of respek probeer afdwing nie. Die ouer of kind (ook bekend as anonymous) moet in ag neem dat smaak verskil. Dat daar altyd 'n rede is hoekom iemand soos Celeste die show aan die gang moet hou. Om mense soos "anonymous" te wys hoe word dit gedoen. Ek kan glo dis moeilik om te aanvaar Anonymous. Maar dis realiteit. Celeste is maar net die beste een vir die werk! Walk a day in her shoes , I bet you would have to work twice as hard to be half as good as she is.

    Celeste Venter . Ek wil jou gelukwens op 'n fantastiese musiekfees vir 2015 ������������

    ReplyDelete
  19. As Oud-Grey wil ek net noem dat dit Mev Venter se tiende Musiekfees was waarby sy betrokke was - kry jou feite in orde mnr Blogger

    ReplyDelete