Wednesday, September 30, 2015

Baadjie vir 'n Maatjie

Hoekom word die kunsonderwyseres, by Grey se primêre skool, toegelaat om betaalde kunsklasse aan te bied in die middae, maar ons ander onderwysers en onderwyseresse mag nie vakke wat meer belangrik is as kuns teen 'n fooi aanbied nie?

Mev. van Jaarsveld het by so baie van ons gespog dat sy en Mnr. Rudd die kunssentrum begin het en hoe sy haar eie sillabus moes opstel dat dit nou duidelik word dat Mnr. Rudd seker deel in haar winste van haar kunsklasse wat sy 'ekstra kunsklasse' noem en aanbied die middae wat sy nie verpligte studie moet behartig nie. Sy bied hierdie kunsklasse ook by haar huis aan omdat sy konsuis 'n chroniese siekte het en nie sport kan aanbied nie, maar sy is nie te siek om so hard te werk aan haar middagkunsskool nie. Daarby het sy ook betaalde middagstudie by haar huis en haar man vervoer laerskoolseuns van Grey af na hul huis toe smiddae net na skool. Wie toesig hou daar is 'n raaisel want sy is by die skool besig met 'n ander vorm van geldmaak vroegmiddag: bied teen 'n fooi huiswerkklasse aan by die skool die middae wat sy nie skoolstudie behartig en selfs daardie middag wat sy skoolstudie behartig gaan sy voort met die huiswerkhulpklasse, vir seuns wat sukkel om hul huiswerk tuis te doen soos die swart kinders. Na afloop van die hulphuiswerk diens, jaag sy huistoe om die kunsklasse aan te bied en darem seker "op te check" op die nasorgleerders wat duur betaal vir daardie diens.

Dit wil voorkom of Mev. van Jaarsveld se man ledig is en help met haar en Mnr. Rudd se kunssentrum want hulle het nou agtergekom dat dit die geldmaak plek is en benut dit tot sy volle potensiaal. Die bewys is dat Mev van Jaarsveld se man gereeld by Grey is, veral soggens, mens sal dink hy werk ook by Grey.

Mev. van Jaarsveld is werklik bevoorreg om die beskikbare tyd te hê om soveel ekstra geld te maak dat sy amper nie meer haar departementele salaris benodig nie, terwyl die res van ons onderwysers in die bloedige son of koue en selfs stof sport aanbied.

Met behulp van die pamflette, 'link' onder aangeheg, wat sy by die skool uitdeel aan die leerlinge, en die plakkate waarvoor sy toestemming verkry het om op te plak by Grey se laerskool, seker by Mnr Rudd die toestemming verkry, beloop haar addisionele inkomste R230 000 plus per jaar en dan kom die middagstudie by haar huis nog by plus die middaghulphuiswerkklasse by Grey in haar klaskamer direk na skool, wat sekerlik nie minder as R500 per kind per kwartaal beloop nie. Sy 'help' 5 of meer seuns met huiswerk per middag wat sekerlik R2500 p kwartaal x 4 kwatale = R10 000 per jaar plus die nasorgkinders se gelde wat heel moontlik R700 per kind per kwartaal beloop: R700 x 10 of meer kinders, want sy neem dogters ook, word dus R28 000 per jaar. Jaarliks het sy 'n onverklaarde inkomste van R540 000 of meer waarop sy sekerlik nie belasting betaal nie, buiten haar departementele salaris en 13de cheque. Hierdie bedrag sluit nog nie die vakansie kursusse in wat sy aanbied gedurende die vakansie nie. Daarvoor adverteer sy ook kostevry by Grey met pamflette wat sy uitdeel aan die seuns en plakkate. Maak maar self die somme.

Hoekom 'n adjunkhoof, met die stem van 'n vrou, 'n 'madam' sal 'back' wat dit aanvaarbaar vind om graad eentjies se monde toe te plak met breë celotape, haar graad 1 klas se seuns onmenslik vir 'n halfuur buite laat staan met hul hande op hul kop omdat hulle nie 'n reguit ry kan vorm soos soldate nie, graad 1 seuntjies 'n kontrak laat teken, iets wat teen die wet is vir mense onder 18 jaar, en hulle dan uitermatig straf omdat hulle afgewyk het van die reëls waarvoor hulle geteken het en daarna die kontrak voorlê as bewys asof hulle die reels verstaan het waarvoor geteken is wat nie nagekom is nie, gaan mens se verstand te bowe. 'n Graad 1 leerling kan nie langer as 2 dae onthou nie, nou moet hulle onthou wat hulle op 'n stuk papier geteken het dae of weke gelede, en behoed hulle as hulle dit die kan doen en dit waarvoor hulle geteken het, nie nakom nie. 'n Graad 1 het nog nie eers 'n handtekening nie, wat nog van 'n dokument verstaan. Hierdie is maar net 'n paar van die goed wat sy aangevang het toe sy 'n graad 1 onderwyseres was en dis nog nie die goed wat sy huidiglik aanvang in die kunssentrum nie. Mnr Rudd moet regtig baie uit die 'deal' kry om hierdie goed toe te laat!

Van Jaarsveld se man is konsuis 'n godsdienstige prediker in besit van en by sy eie sekte, maar saam met sy vrou, verbreek hy al die wette want dis teen die wet vir 'n onderwyser om tuis onderrig, studie of klasse aan te bied. Onderwysers is eintlik aangestel vir 'n voldag pos, wat beteken dat hul middae nog in diens van die departement van onderwys is. Hy, Willie, is die een wat die seuns reeds vir jare aanry na hul huis toe vir middagstudie. Ook weer geld uit Grey se sak want die seuns maak nie gebruik van Grey se middagstudie nie soos hulle veronderstel is nie. Dis nou vir jou 'n godsdienstige en voorbeeldige ouerpaar hierdie!!!

Die hoofde en leerkragte by Grey dra heeltemal kennis daarvan dat die kunsonderwyseres 'n swak onderwyseres is, daarom dat sy geskuif is na 'n kuns aanbieder pos toe, met konsuis 'n kultuursentrum want soos hulle al vir baie ander gesê het, is dit moeilik om van so 'n swak onderwyser ontslae te raak. Al gee sy huidiglik kuns vir ouer seuns, is die probleem nou dat die seuns kuns haat en niks daarmee te doen wil hê na laerskool nie want sy maak dit nie net onaangenaam met haar uitermatige streng reels nie, maar dis so onaangenaam omdat sy so kwaai is. Vra maar gerus vir enige onderwyser by ander skole, haar reputasie loop haar vooruit as onnodige kwaai onderwyseres. Almal lag vir Grey omdat hulle haar in hierdie pos gesit het en trek hulle oë as hulle vir ander vertel wie die laerskool se kunsonderwyseres is. Dat sy 'n goeie kunstenaar is, is waar, maar dat sy enigsins 'n goeie onderwyseres is, is totaal onwaar. Sy kan teken en skilder, maar nie skoolhou nie.

Daar was groot kak met die mond toeplak met celoptape; die ouers wou Grey hof toe sleep, maar daar was ander ongeruimdhede van van Jaarsveld se kant ook. Sy het so erg met die seuns aangegaan dat van hulle vir jare sielkundige behandeling, wat ons voel Grey veronderstel is om te betaal, ontvang het. Gelukkig is Mnr Mould 'n deskundige in lieg en toesmeer en met Mnr Rudd, nog 'n ekspert in skynheilig wees, waarheid verdraai en  dooddruk, Mould se betroubare regterhand se hulp, het hulle van Jaarsveld dadelik geskuif na die hoër grade om die hofkwessie te ontduik.

Onderwysers behoort eintlik net vir 'n paar jaar lank aangestel te word op 'n kontrakteurs basis en kan dan heraangestel word of nie, weer vir 'n paar jaar op dieselfde basis. Geen mens moet meer lewenslank aangestel word totdat jyself kennis gee nie sodat jy kan droogmaak en nie afgedank kan word nie. Mnr Rudd is ook te lank in sy pos soos baie van die vossiele by Grey want hy weet nou presies wat om te doen om vir homself in te palm en dit so weg te steek dat niemand weet nie. Hy is 'n deskundige om dinge te ontken net soos hy die waarhede wat hierdie blog voorsien ontken.

Dit gaan regtig lekker daar by die kunssentrum in skooltyd want die kinders word aan die werk gesit met teken of verfwerk en dan kan van Jaarsveld lekker op haar rekenaar voorberei vir haar middag besigheid. So gaan dit al baie lank. Baie kinders kla dat sy nie klas aanbied nie, maar haar eie persoonlike goed op die internet naslaan of voorberei terwyl hulle gebombardeer word met moeilike werkstukke wat vir hoërskool bedoel is. As sy klas aanbied, let wel 'klas aanbied nie onderrig verskaf' is dit so onaangenaam dat niemand iets geniet nie. Die seuns vertel hoe sy in 'n woedebui toe sy kwaad geword het vir 'n swart seun, hard op sy tafelblad geslaan het, dit opgetel het dat net skroewe gewaai het en die tafelblad heeltemal afgekom het daarna. Baie ouers kan in elk geval die goed wat sy op minderwaardige vlak by Grey aanbied vir hulle kinders leer. Wens daar was tog 'n aangename kunsonderwyseres wat kuns en kultuur kon aanbied by Grey se laerskool. Kuns behoort lekker speel te wees! Van Jaarsveld het nou 'n lekker nessie vir haarself daar ingewurm by Grey ten koste van die skool en die seuns, maar haar en Rudd se sakke loop oor!

Dis nou 'n baadjie vir jou maatjie: lieg en bedrieg met die Bybel onder die arm! Herman Rudd, jy is baie slim om so vir jou en die van Jaarsvelds 'n neseiertjie op te bou sonder jou naam op die pamflet!

20 comments:

  1. Hierdie onderwyseres is 'n boelie. Ons het ook al 'n stel met haar afgetrap . Laat haar aan die pen ry!

    ReplyDelete
  2. Ek stem saam. Haar werkstukke is op hoërskoolvlak en as ek nie my seun gehelp het met sy werkstuk nie, sou hy dit nie kon doen nie. Ons seuns in die hoërskool doen nou eers dieselfde goed wat sy verwag di laerskoolseuns moet doen. Mens moet soveel tyd aan die werkstukke spandeer om 'n goeie punt te kry wat onnodig is. Dit terwyl kuns nie naastenby so belangrik is soos die ander vakke nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sy volg die Departement se voorskrifte! Kom tog by asb!

      Delete
  3. Ek het al die plasing eergister gelees, maar dit het so in my kop gemaal dat ek besluit het om kommentaar te lewer. Eers wil ek u bedank dat iemand wel hierdie goed aan die lig bring. Vir baie jare het ons familie en vriende gedink daar is iets met ons fout dat ons onder mekaar oor die onderwyseres, Lindie van Jaarsveld, kla en 'n probleem waarneem met hoe sy haarself gedra, terwyl dit voorgekom het of ander niks agterkom. In die tyd het ons maar net gebid dat die laerskooltyd vir ons seuns vinnig verbygaan en hulle dan van haar onstlae is, maar nou is dit duidelik dat daar ander mense is wat ook soos ons voel en die goed belewe soos ons. Dankie Blogger dat jy hierdie plasing gemaak het.

    ReplyDelete
  4. Lindy gee punte volgens hoe sy van die seun hou. Ons seun kry nie goeie punte nie, al doen ons as ouers sy werkstukke omdat sy nie van hom hou nie. So dit verbaas my nie dat sy al die goed aanvang nie.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hoor jy jouself?!?!? JY doen jou kind se werkstukke - what a joke!

      Delete
  5. Dit was vir ons 'n raaisel dat mnr Rudd sommer net so gou binne 'n paar kwartale van al die genotvolle buitemuurs op Grey se gronde ontslae geraak het net voor die nuwe skoolhoof moes begin. Nou's dit duidelik dat hy 'n ander agenda gehad het en dit wou beskerm. Ons het net gedink Grey kom by en nou's Grey weer terug soos dit van te vore was en selfs meer saai as wat dit altyd was. Al die genotvolle goed is nou by ander skole.

    ReplyDelete
  6. En weereens plaas die blogger 'n klomp 'comments' oor sy eie belaglike, onwaar en vernynige opstelletjie, sodat dit tog belangrik kan lyk en hy belangrik kan voel in sy klein wêreldjie waar hy koningkraai want hy is mos Mnr Anoniem! Nogsteeds nie man genoeg om jouself te openbaar nie - nogsteeds 'n 'coward'

    ReplyDelete
  7. ek is so dankbaar vir hierdie blog, mneer blogger, want dt help nie om by die skool te kla nie, hulle maak net verskonings, paai jou bietjie en druk di ding dan dood. ons het al par keer probeer. daana word jy sleg behandel omdat jy gekla het.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Moet jy nie voorberei vir die eksamen nie? Julle skryf amper eind eksamen!

      Delete
  8. My 1 seun het kunsklasse by juff Lindy geneem lank gelede. Dit het ons 'n fortuin gekos en ons het gevoel dis glad nie die geld werd nie. Die goed wat sy te Pres Steynln vir hom geleer het in die middae, kon enigeen vir hom geleer het. Is haar klasse nou by haar huis? Ek sien op di brosjure sy gee nou klas by haar huis te Kapt Proctorstr.

    ReplyDelete
  9. Bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla bla

    ReplyDelete
  10. The evidence in the link speaks for itself!

    ReplyDelete
  11. Lindy bly lankal nie meer in daardie straat nie, daar is al geruime tyd n gastehuis by die betrokke adres

    ReplyDelete
  12. Van Rudd kan 'n mens enigiets verwag. Hy speel al die kante!

    ReplyDelete
  13. Dis waar, mens kan van Herman Rudd enigiets verwag, mar nie omdat hy al die kante speel nie, omdat hy vir homself inpalm. Hy is ok die rede dat die musiekseuns nie meer net kan musiek speel in kuns en kultuurtyd om hul kk punt so te verdien nie , maar al die kuns en kultuur werkstukke en eksamens moet aflê en doen. Net nog 'n ding wat Grey ongewild maak en die beeld uit dra dat Grey 'n onaangename plek is. Ons seuns bespeel elk 2 musiekinstrumente omdat hulle dit hul loopbaan wil maak en hulle werk regtig hard daaraan. Omdat Herman Rudd die nuwe reel ingebring het, het ons nou ons seuns in ander skole gesit. Daar geld hierdie slawedrywer reel nie en kan hulle die musiek geniet. Dis net ons jongste wat goed vaar met sport en nog die laerskool by Grey gaan voltooi, maar hy gaan na 'n ander hoërskool wanner dit sulke tyd is. Ons is moeg vir die onnodige pedantiese goed wat hy inbring en die wyse wat hy die skoolhoofde beïnvloed en kry om sy goed in te bring. Hy het Lindsay Mould so beïnvloed en ons hoor dit gaan nie veel beter met Jurie Geldenhuys nie. Hy's glo net so ruggraatloos.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Watter verblydende nuus is dit dat jul die Grey familie gaan verlaat binnekort!!!!! Good for you - julle geklaery en negatiwiteit oor alles en almal gaan nou op 'n ander skool uitgehaal word, want daar gaan julle net so kla!!!! Ons ander ouers is sooooooooo moeg vir julle geklaery! Bogger off asb so gou as moontlik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

      Delete
  14. Ons het ook twee seuns op Grey. Dit begin nou duidelik raak hoe dit by die Grey familie werk en wil voorkom of Blogger reg is. Julle wil nie probleme oplos nie. Dis die klaer se verantwoordelikheid om weg te gaan van die probleme af. Blogger deel maar net die goed wat aangestuur word, julle idiote! Ons het ook al goed ingestuur en dankie tog daar is 'n plek waar mens dit anoniem kan doen sonder dat jou kind of kinders geteiken kan word. Met sulke 'comments' sien die hele wereld hoe Grey regtig is. Dis nie Blogger wat die beeld uitdra nie, dis julle!!!!

    ReplyDelete
  15. Wie is die 'julle' waarna u verwys? 99% vd Grey familie lag vir julle oor julle negatiewe en onwaar posts en comments! Waarheen worr hierdie sg goed aangestuur waaroor hy/sy so vurig post? Weereens, bogger off!! Daar is soveel uitstaande en afgeronde seuns en ouers waarvan ek as 'n trotse Grey ouer weet,wie se plek julle beset- please, please leave!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    ReplyDelete