Tuesday, September 8, 2015

Hoekom Nie Klagtes Deel Met Die Skoolhoof Nie

Mense wat slim genoeg is, sou in vorige plasings agtergekom het dat dit nutteloos is om met die skoolhoof, Mnr. Deon Scheepers, te gaan praat want hy stol 'n mens net, sny mens af of kom met verskonings. 

Niemand stel belang in hoe oulik 'n onderwyser is of hoe aangenaam 'n onderwyser is nie. Mens stel belang in hoe die leerders behandel word en hoe goed die onderrig is. As die onderrig swak is, moet dit ondersoek word, erken word, aangespreek word en verbeter word of verdere stappe moet geneem word.

As ouers, grootouers of seuns kla oor iets by Grey word die seuns in hul familie wie nog op die skoolbank sit, 'gemerk'. Daarom is hierdie 'blog' 'n veilige plek waar mens kan sê wat jy wil, hoe jy wil en die nodige klagtes of griewe kan deel, sonder dat iemand weet wie jy is.

Hierdie is die enigste manier om te sê hoe dinge regtig by Grey is, hoe mens voel oor die goed wat gebeur en hoe personeel se gedrag teenoor leerders is, sonder om op een of ander manier benadeel te word.

By Grey werk dit so, as 'n oudste broer stout was toe hy skool gegaan het by Grey en die personeel vind uit dat sy jonger broers, sy familie is, en tans daar skoolgaan, word al die jonger broers behandel of hulle self die wandade gepleeg het. Dis beter om hierdie jonger broers liewer in ander skole te plaas; basta met die tradisie! 'n Kind se selfbehoud en bewaring kom eerste. Niemand het nodig om aan sulke gedrag blootgestel te word nie, veral as jy self niks gedoen het nie, maar nou moet boet vir 'n ander se wandade.

Nou weet almal hoekom dit beter is om anoniem te bly. So, ons gaan voort met die 'blog' soos tevore in ons poging om bewustheid te skep en verandering, veral verbetering, voort te bring. Dit help in elk geval nie om te kla by die personeel of die skoolhoof nie. Op hierdie manier beskerm ons, ons seuns.

2 comments:

  1. Hierdie argumente en redenasies is die van n kind, definitief nie n volwasse ouer nie. Geen ouer wat homself en sy kind respekteer sal op 'n anonieme blog met sy seun se toekoms en welstand dobbel nie. Jy is n seun, n suigling wat homself probeer gedra soos n grootmens. n Kind wie se broer nou tans in die skool is wat vir hom verkeerde inligting voer om sensasie te skep. Die boetie is darem in matriek, so dit is nog net 3 maande se gesanuk wat op ons wag. As hierdie 'n 'veilige plek' is om griewe te openbaar, waarom word daar persone persoonlik aangeval? So veel so dat jy mense aanmoedig om selfmoord te pleeg? Gaan leer eerder en gee aandag aan jou studies, daaruit sal jy meer baat. Lafaard.

    ReplyDelete
  2. Haha - Lastersake oppad vir julle pappa! Die skool weet wie julle is - los maar die anonieme verduideliking en nogsteeds daaragter skuil

    ReplyDelete