Saturday, September 12, 2015

Grey Club 1000 'n Skyn

Grey Kollege het baie geld, veral nou dat Grey die Telkomgebou teruggeneem het en elke maand miljoene in huur ontvang.

Grey wil wragtag hê mens moet glo dat hulle geld nodig het, dit nadat hulle buitemuurse mense wie reeds opgedok het om lokale en sportgeriewe te huur en selfs bereid was om meer te betaal, summier weggejaag het.

Nou wil Grey se beheerliggaam wragtag hê ons moet glo dat daar fondse nodig is. Hulle wil seker die nuttelose onderwysers instop want net 'n handjievol onderwysers by Grey (laer- & hoërskool) beteken regtig iets. Die res is net spaarwiele.

Grey kry so baie met die Telkomgebou se maandelikse inkomste dat nuwe bussies aangekoop is en die nuwe gebou waarmee reeds begin is, opgerig kon word.

Die Telkomgebou kan sorg dat amper alle leerders gratis skoolgaan en nog verhogings vir die personeel verseker.

Nou dat betalende buitemuurse afrigters weg is, is die voete weg. Iets wat nooit by 'n plek moet gebeur as mens finansiële welvaart wil verseker nie. Mens moet voete hê en gereeld meer voete hê, al word daar bietjie skade aangerig aan die eiendom. Daarvoor is mos kontrakte wat bepaal dat wat jy of jou mense wat onderrig ontvang, breek, jy moet herstel en sekurietieits deposito's om dit mee te herstel.

Grey se beheerliggaam en personeel het duidelik nie 'n idee hoe om 'n besigheid te bestuur nie, dit met iemand op die voorgrond wat 'n MBA het (Mnr Scheepers) wat behoort te weet dat voete op mens se terrein noodsaaklik is. Mnr Volsteedt het altyd gesê, Grey moet soos 'n besigheid hanteer  en bestuur word, dan sal daar altyd geld wees—hy't meer besigheids-sense as Scheepers, dis duidelik. Die spul nou daar by Grey is almal nutteloos. Wonder of Scheepers regtig 'n MBA het. Voete beteken meer geld vir die Tuckshop want mense drink & eet heeltyd wat op die langduur voordelig is. Voete beteken meer bekendheid en gewildheid—advertensie vir die naam en instansie. Voete beteken beter bywoning van aktiwiteite en meer betrokkenheid by die instansie.

Die voete het nou verskuif na ander skole en hulle kry nou die ekstras. Eunice se Tuckshop en 'coffeeshop' doen vandat 'n hele klomp buitemuurse aktiwiteite van Grey af soentoe verskuif het omdat hulle weggejaag is by Grey, finansiëel regtig goed. Sportdeelname het ook uiters baie verbeter en dis nie eers verpligtend om aan sport deel te neem soos by Grey nie. Eunice het vir dekades finansieel gesukkel, maar nou gaan dit heelwat beter en eintlik heeltemal goed.

Ons het verneem by ander instansies waar die weggejaagde buitemuurse-mense wat van Grey af kom, soveel vir hul besighede gedoen het. Oorkant Grey is nou die plek vir die kleintjies se middagstudie en die koffiewinkel, asook die ander praktyke daar blom vandat hulle daar is want skielik is daar deurgaanse bewustheid—kinders en ouers wat lus, dors of honger het, kan sommer daar iets kry. By ander plekke soos die skougronde en omliggende besighede is dit ook die geval, om nie eers te noem dat mens afbreek doen aan jou naam deur mense weg te jaag nie want mense bly nie stil as hul sleg behandel word of benadeel word nie.

Grey het regtig nie geld nodig nie, al kry hul minder by die departement van onderwys. As iemand sukkel is dit sigbaar, wat nie by Grey die geval is nie en dis duidelik want hulle gaan nie uit hul pad om almal goed te behandel nie. Die Grey Club 1000 is onnodig en net 'n skyn om mense wat reeds sukkel, want almal sukkel deesdae in hierdie land, nog meer te tap vir onnodige goed.

12 comments:

  1. Vir 'n 'anonieme' persoon het jy darem maar baie insig oor wat in Grey se boeke aangaan. Doen almal guns, matrikuleer klaar of gaan na 'n ander skooltoe of vat jou kind uit Grey uit

    ReplyDelete
    Replies
    1. Wil voorkom of Blogger die spyker op die kop geslaan het met hierdie plasing as mens so 'n reaksie kry. Daar is geen ontkenning, dus aanvaar ons dis als waar!

      Delete
  2. Blogger, jy voer 'n gesprek met jouself!

    ReplyDelete
  3. Werk bietjie uit! 1000lede x R2000 om aan te sluit is R2 000 000 wat Grey by die Telkom se maandlikse inkomste wat miljoene beloop kry. Daaropvolgend gaan Grey dan 1000lede x R1000 per jaar kry wat jaarliks 'n lekker vet R1 000 000 verseker om te doen net wat hulle wil, maar niks vir leerlinge verbeter, net vir die personeel of vir die skoolterrein as ons gelukkig is.

    ReplyDelete
  4. Hoor hier, mnr Blogger. Jy mag 'n bliksem wees, maar hierdie keer is jy reg!

    ReplyDelete
  5. Nou Blogger, wat dan al jou bewyse en aantygings beheerraad toe- ook die goed waarvan jy die onderwysers beskuldig. Is jy man enough? Kom ons kyk!

    ReplyDelete
  6. Mr. Blogger, thank you very much for this info. I had no knowledge re this.

    ReplyDelete
  7. Ek's 'n pa en ek weet baie van die goed op hierdie blog is ontstellend want ek lees gereeld die plasings en die kommentaar. As Oud Grey en iemand wat jare gelede op die beheerraad was, moet ek sê alle skole het swak onderwysers, so ook Grey. Mense moet net verstaan dat dit nie so maklik is om van die swak onderwysers ontslae te raak nie. Dis glad nie dieslefde as met 'n werkgewer wat 3 skriftelike aanmanings kry en dan afgedank kan word nie. Met onderwysers is dit 'n baie lang proses. Hierby wil ek voeg dat ek verstom is oor die Club 1000 want ek het ook gehoor dat die Telkom gebou weer terug in Grey se besit is wat miljoene oplewer maandeliks. Dit was groot nuus oral toe dit plaasgevind het en baie het daaroor gegons. Daardie opbrengs behoort genoeg te wees om Grey deur te trek.

    ReplyDelete
  8. Blogger, jy is bewus daarvan dat hietdie club deur ouers van Grey begin is ne? Ai toggie! Jy alweer misinformasie gekry- gaan maak daardie boeke oop dat jy jou Universiteits loopbaan kan voltooi voor jy jouself bemoei met die grootmenswêreld! Kry jou feite reg Blogger!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ha-ha-ha, ouers wat in vandag se tyd swaarkry en sukkel om kos op die tafel te sit hier in ons land, want almal sukkel deesdae hier, sal tog kom met so 'n idee. Die enigste ouers wat dalk met so 'n simpel idee soos die klub sou kon kom is personeel by Grey wat daaruit gaan baat. Ouers wat net geld weggee bestaan nie meer nie.

      Delete
  9. Actions speaks louder than words. As said before dear blogger. Bring all your evidence to the governing body if you feel so strongly about all the grievences. Again, are you man enough?

    ReplyDelete
  10. Die gelde wat deur die Telkom gebou ingebring word, word direk inbetaal by die Jock Meiring/Bram Fischer Trust, waarvan Mnr Volsteedt in beheer is. Hy, saam met die beheerliggaam besluit waar hierdie gelde gebruik word, en ek is baie seker almal sal saamstem dat Mnr Vollies die skool en seuns se belange op die hart dra, wat beteken dat die gelde nie vir nonsens aangewend sal word nie. Hy en die raad sal nooit sulke gelde aan onderwysers oorbetaal nie, hy is wraggies nie so dom nie. Dit word deeglik bespreek oor waarheen hierdie gelde gaan.

    Klub 1000 is NIE deur die skool begin NIE. Ouers (wat dames insluit) wat 'n passie vir Grey het en uit die aard van die saak nie oud-Greys is nie, en nie deel van die Reunie kan wees nie, wou hierdie Klub op die been gebring het, met die doel om sulke ondersteuners die kans te gee om ook Grey te ervaar soos die wat wel lief is vir die skool. Die gelde word deur daardie bestuur (wat uit Grey ouers bestaan). Hulle besluit waar HULLE dink Grey iets nodig het, en saam met die beheerliggaam kry hulle die "go ahead" vir die projekte wat hulle wil aanpak.

    Kry julle feite reg mense, Grey is nie so sh*t soos julle dit maak nie.

    Dit is duidelik dat die blogger en die van julle wat so vinnig negatief reageer geen benul het of omgee wat by Grey aangaan nie.

    Mnr Oud-Grey, ek is seker jy ondersteun die skool, maar moenie saam gons nie, en moenie te seker wees van jou saak oor die feit dat daai gelde Grey deurtrek nie, Grey betaal dieselfde bedrae as enige ander plek vir hul water en ligte, en selfs JY sal weet dit is nie meer goedkoop in Suid-Afrika nie. Die gelde sal elkegeval moet verdeel word deur 3 skole, naamlik Grey Sekonder, Primer en Pre-primer, en dan is daardie bedrae nie meer so baie as dit kom by daaglikse basiese uitgawes soos water, elektrisiteit, ens. Ons praat ook hier van 60hektaar grond, en ongelooflik baie personeel (kom ons skat so tussen 200-300 vir al 3 skole), so die geld sal onmoontlik net sommer so kon gegee word indien julle beweer die personeel trek voordeel uit die gelde wat inkom.

    Dink hierdie is redelik logies as jy so daarna kyk, of wat se ek daar Blogger???

    ReplyDelete